Manual boost control

Engines and Engine Systems
User avatar
SCUBA Patrol
Senior Member
Senior Member
Posts: 414
Joined: 08 Apr 2009 11:15
Full Name: Phillip Jacobs
Nickname: Phillip
Home Town: Cape Town (Stellenbosch)
Current 4x4: Patrol 2006 3l diesel(die eerste Voetspore een)
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town, Stellenbosch (Paradyskloof)
Has thanked: 31 times
Been thanked: 32 times

Re: Manual boost control

Post by SCUBA Patrol »

Ok so dit het my amper 2 jaar geneem om die Dawes valve te instaleer. 2 jaar van geen probleme met die Trol nie, maar eweskielik verloor ek turbo druk en wil die elektronika weer nie saam speel nie :confused: , MAF en al daai ander dinge. Beluit toe dis nou die tyd, laat die MADMAN EMS1 deur R&D offroad, monitor sommer als wat die EMS 1 kan doen, EGT, turbo druk, olie temp, water temp, watervlak laag, selfs die pitch en roll wat die nuwe EMS 1 en 2 in het!

Trol terug by die huis nou kan ek begin om te werk. :woo: Skaf die nodige brass koppelings en "needle vale" aan by 'n hidroliese verskaffer en installer die Dawes valve soos aangedui, nie te moeilik nie en dit gaan vinnig. Nou die Trol aanskakel en die needle valve instel soos in die "handleiding", mooi dit werk soos gese, nou net die Dawes valve instel en "BOB's your uncle"......, maar ek kry geen druk op die turbo nie al rev ek die Trol tot 3500rpm? :think: :confused: :helpsign: wat is fout?

Gaan slaap :sleep: , dalk is ek moeg en doen ek iets nie reg nie? Volgende middag ry ek gou R&D toe net om seker te laat maak die VDO druk sensor op die turbo werk, oppad met die R300 kan ek voel die turbo werk en merk ook op dat die EGT laer is as sonder die turbo,........, maar wat sien ek daar? :think: daar is 6 PSI druk op 3000rpm! :woo: die VDO sensor werk dus! :clap: :biggrin: Wat het ek verkeerd gedoen?

DIe "handleiding" se aanwysings vir die instel van die Dawes valve, gee vir jou drukke by rpm's wat nie sommer oorskry moet word nie, en dit moet ingestel word met "half throttle" en ligte las, lees mooi tussen die lyne Phillip, :redface: , dit beteken ry die Trol op gelyk pad en stel die Dawes, doen dit toe en ja daar is die Trol weer die ou Trol vol lewe!! :woo: :biggrin: :lol: :pray: :salute: :thumbup: QQQ

Gaan die naweek Robertson toe ry so sal mooi kyk wat die EGT en turbo druk doen, en nog bietjie speel met die Dawes valve en die needle valve.

Wat nog gedoen moet word is die EGR wat geblokkeer moet word en hopelik sal die "handgranaat" vir nog 'n hele klomp kilometers wegbly! :pray: Ek wil nie my Trol verkoop en 'n LC 78 aanskaf nie, daai LC is darem spartan uitgerus en is klein jong! :biggrin: :nutkick:

PS. Hoop om spoedig saam die Kaap ouens te kan speel aangesien ek nuut in die Kaap is!

PSS. Glo dat as die Trol op 'n dyno masjien gestel kan word sal dit baie mooi ingestel kan word.!
Phillip
2006 3l with MADMAN
User avatar
Grootseun
Patrolman
Patrolman
Posts: 563
Joined: 28 Sep 2011 08:18
Full Name: Driko Henningse
Nickname: Grootseun
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2001 3.0 TDI Patrol
2006 3.3v6 Kingcab ( 4x2 ) on 33" ( sold )
2012 Navara Kingcab 4x2 2.5 tdi
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion
Been thanked: 1 time

Re: Manual boost control

Post by Grootseun »

Laat wet asb hoe jy daai stelsel vind , ek het ook n handgrenaat en kyk na of die dawes stelsel of ek gaan n PWM modulator bou wat ek met n PLC kan programeer en dit elektronies hardloop
2001 9.4 Patrol DI GRX
Bigger Intercooler
Oil Catch Can
PC Bash Plates
More Mods to follow
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: Manual boost control

Post by tour de frans »

Grootseun, vertel n bietjie meer. Wat wil jy doen?
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Grootseun
Patrolman
Patrolman
Posts: 563
Joined: 28 Sep 2011 08:18
Full Name: Driko Henningse
Nickname: Grootseun
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2001 3.0 TDI Patrol
2006 3.3v6 Kingcab ( 4x2 ) on 33" ( sold )
2012 Navara Kingcab 4x2 2.5 tdi
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion
Been thanked: 1 time

Re: Manual boost control

Post by Grootseun »

Frans , eks nou heeltemal die elektronika boffin nie maar ek t met n paar manne gesels en ook gaan swot op n klomp websites en idee is basies as volg

Bou n controller wat n variable dc signal omskakel na PWM wat se duty cycle varieer afhangend van die input voltage , gebruik dan n paar op amp circuits en vat syne soos RPM , TPS , MAP en Air Mass - integreeg met mekaar en stuur sein na PWN unit wat dan weer die soloniod kontroleer om boost en spool up rate te beheer

Beter opsie is bou hele stelsel in n programeerbare eenheid in en skryf jou eie map vir die korrelasie tussen RPM ,TPS , MAP en Air Mass - dan kan jy waarskynlik nog gear position ook insit ( myne is n auto ) en as jy begin speel kan jy jou hele map skryf om jou boost en spool up rate te beheer in al jou ratte en ry kondisies

Gaan alles behalwe makkik wees maar klink vir my na n lekker challenge - ek swot nog meer op daaroor aangesien ek n Auto Elek is en nie n Eleketroniese ingenuer nie maar nou ja ha google is wys en leer baie
2001 9.4 Patrol DI GRX
Bigger Intercooler
Oil Catch Can
PC Bash Plates
More Mods to follow
User avatar
SCUBA Patrol
Senior Member
Senior Member
Posts: 414
Joined: 08 Apr 2009 11:15
Full Name: Phillip Jacobs
Nickname: Phillip
Home Town: Cape Town (Stellenbosch)
Current 4x4: Patrol 2006 3l diesel(die eerste Voetspore een)
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town, Stellenbosch (Paradyskloof)
Has thanked: 31 times
Been thanked: 32 times

Re: Manual boost control

Post by SCUBA Patrol »

Grootseun,

Die Dawes werk goed, speel nog rond, maar ek dink dit is die antwoord.

Onthou, die MAF en ander sensors word "ge-kontamineer" (damn dis goeie ingels) deur olies ens. Ek glo, en dis maar my opinie, dat mens maar moet wegbly van die elektronika as jy kan en hier is 'n goeie produk.

Hoewel ek nie van die Ausies hou nie, moet ek se, hou ek van hulle kennis en vertroue in die Nissan's! en as hulle se dit is die regte pad om te volg dan glo ek hulle is reg. En jy was mos nou al daar!

Jou plan kan baie goed werk, ek is maar net 'n baie skeptiese persoon as dit kom by elektronika meng met motors en water, en ek werk heeldag met elektrisiteit!

PM my dan kan ons idees uitruil.

Frans, die Trol loop nou weer lekker, en dankie vir jou raad by R&D die anderdag aan Johan.

Phillip
Phillip
2006 3l with MADMAN
User avatar
Grootseun
Patrolman
Patrolman
Posts: 563
Joined: 28 Sep 2011 08:18
Full Name: Driko Henningse
Nickname: Grootseun
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2001 3.0 TDI Patrol
2006 3.3v6 Kingcab ( 4x2 ) on 33" ( sold )
2012 Navara Kingcab 4x2 2.5 tdi
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion
Been thanked: 1 time

Re: Manual boost control

Post by Grootseun »

Philip , ja nee eks bewus daarvan dat die Dawes so goed werk , maar het jy ook n needle valve ingesit om jou spool up rate te beheer ?

Sover die elektroniese deel aangaan , ek speel bloot met die idee omdat daar n paar ouens in aus is wat ook vrae het daaroor en ook speel , maar ek reken op ou einde vandie dag gaan ek twee dawes en n needle valve insit vir high en low boost en die needle vir spool up rate

Sal jou PM met n paar vrae

Driko
2001 9.4 Patrol DI GRX
Bigger Intercooler
Oil Catch Can
PC Bash Plates
More Mods to follow
User avatar
SCUBA Patrol
Senior Member
Senior Member
Posts: 414
Joined: 08 Apr 2009 11:15
Full Name: Phillip Jacobs
Nickname: Phillip
Home Town: Cape Town (Stellenbosch)
Current 4x4: Patrol 2006 3l diesel(die eerste Voetspore een)
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town, Stellenbosch (Paradyskloof)
Has thanked: 31 times
Been thanked: 32 times

Re: Manual boost control

Post by SCUBA Patrol »

Dirko,

Ja ek het die needle valve ook in gesit.

Het ook na die dubbel dawes stelsel gekyk en weet nie of dit regtig die moeite werd ?

Phillip
Phillip
2006 3l with MADMAN
User avatar
Grootseun
Patrolman
Patrolman
Posts: 563
Joined: 28 Sep 2011 08:18
Full Name: Driko Henningse
Nickname: Grootseun
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2001 3.0 TDI Patrol
2006 3.3v6 Kingcab ( 4x2 ) on 33" ( sold )
2012 Navara Kingcab 4x2 2.5 tdi
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion
Been thanked: 1 time

Re: Manual boost control

Post by Grootseun »

Phillip die dubbel dawes is al wat my nog na elektronika toe wil dryf

As ek die dubbel stelses reg verstaan kan jy of maually of met n voltage switch spring tussen twee boost settings terwyl jy met een dawes net een setting het - ek sla hou daarvan om twee setting ten minste te kan he - een vir ekonomie en een vir daai sleep n berg huistoe gevalle

Will jy nie my n foto pm van jou setup nie ek sal graag wil sien hoe het hy uitgekom , ek gaan seker die week of so my dawes bestel ek dink di elektroniese beheer gaan eers bietjei op ys geplaas word
2001 9.4 Patrol DI GRX
Bigger Intercooler
Oil Catch Can
PC Bash Plates
More Mods to follow
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: Manual boost control

Post by tour de frans »

Dankie vir jou antwoord Grootseun
Ek like jou idee's en alles is moonlik ja. Ek het al baie van dit gedoen.
Jy hoef nie n stelsel te bou om te doen wat jy wil doen nie, behalwe natuurlik as jy jou eie stelsel wil bekentstel. Dan haal ek my hoed af vir jou.
Jy kan net n uni-chip fit. Dan het jy ook nie die daws valve nodig nie. Alles word elektronies beheer net wat jy wil.Wat ook nice is die uni-chip word gekoppel aan die water temp.Maw hy kan die feul minder maak as die watertemp op gaan,al is dit nog nie kookpunt nie.Met die minder fuel kom die egt af en die engine bly veilig al hou jy jou voet plat.Dit is iets wat ek sterk sal aanbeveel vir n Zd30 eienaar, omdat die goed n geskiedenis het.
Die chip kan baie doen meer as wat ons dink. Die 3L patrol is n "can bus" kar so nog meer kan gedoen word aan hulle met die chip.
Kyk mooi voor jy krap aan die boost van n ZD30. Daai turbo boost op plekke waar jy dink dit nie nodig is nie, en anders om.BV hulle boost op hulle hardste wanneer jy jy jou voet op jou ligste hou op die padaal om te coast! Maak nie sin nie ek weet, maar hulle werk op hulle beste so.
Ek weet hoekom hulle hom so gemaak het, maar sal later vertel, het nie nou lus vir baie tik nie. :redface:
Phillip Dis n groot plesier, ek het nie die eint produk gesien nie, maar vertou dis reg.
Groete almal
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Grootseun
Patrolman
Patrolman
Posts: 563
Joined: 28 Sep 2011 08:18
Full Name: Driko Henningse
Nickname: Grootseun
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2001 3.0 TDI Patrol
2006 3.3v6 Kingcab ( 4x2 ) on 33" ( sold )
2012 Navara Kingcab 4x2 2.5 tdi
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion
Been thanked: 1 time

Re: Manual boost control

Post by Grootseun »

Frans ek ken Pieter de Weerdt wat die unichip ontwikkel het persoonlik so daai opsie is n maklike ene
Ekt net lus om self te speel en te eksperimenteer
Het met die boost gauge in opgemerk dat die VNT heeltemal anders reageer as n gewone wastegate turbo
My Trol het net n geit om soms as jy wegtrek of net afslek vir n slipway en weer wil wegtrek net eenvoudig vrek lui te wees en dan klim my boost uiters stadig of glad nei tot ek die go fast pedaal heeltemal los en weer deurtrap dan breek alle hel los onder daai bonnet soos hy laat wiel - en ek kry nie daai fout nie het Airmass al nagegaan , so ook MAP en alles , slef al gery met verskeie van my scantools gekoppel en sien niks fout nie , het jy dit al ervaar ?

Manne op ausie forum reken dis of limp mode van overboost wat ek teen stry omdat ek die boost dophou en spike nie voor hy so maak nie of hulle reken die VNT actuator se vinne in sticky
Maar ja hulle het ander idees daai manne met hulle EGR bolkasies ens ens - ek stry nie dat dit wat hulle doen werk nei maar daars van hulle mods een probleem wegvat en n ander groter maak

Ek oorweeg persoonik die volgende
1 - my groter intercooler fit
2 - die dawes valves of chip of pwm controller om boost te stabiliseer
3 - oil catch can wat nodig is vir die oil blow by
4 - dalk n skoner exhaust om die vloei te verbeter

Wat reken jy van bogenoemde mods - ek weet die 3.0 het n bad rep maar tog is daar baie ausie manne wat monster 3.0 trolls het ne
2001 9.4 Patrol DI GRX
Bigger Intercooler
Oil Catch Can
PC Bash Plates
More Mods to follow
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: Google [Bot] and 2 guests