Ok so dit het my amper 2 jaar geneem om die Dawes valve te instaleer. 2 jaar van geen probleme met die Trol nie, maar eweskielik verloor ek turbo druk en wil die elektronika weer nie saam speel nie

, MAF en al daai ander dinge. Beluit toe dis nou die tyd, laat die MADMAN EMS1 deur R&D offroad, monitor sommer als wat die EMS 1 kan doen, EGT, turbo druk, olie temp, water temp, watervlak laag, selfs die pitch en roll wat die nuwe EMS 1 en 2 in het!
Trol terug by die huis nou kan ek begin om te werk.

Skaf die nodige brass koppelings en "needle vale" aan by 'n hidroliese verskaffer en installer die Dawes valve soos aangedui, nie te moeilik nie en dit gaan vinnig. Nou die Trol aanskakel en die needle valve instel soos in die "handleiding", mooi dit werk soos gese, nou net die Dawes valve instel en "BOB's your uncle"......, maar ek kry geen druk op die turbo nie al rev ek die Trol tot 3500rpm?

wat is fout?
Gaan slaap

, dalk is ek moeg en doen ek iets nie reg nie? Volgende middag ry ek gou R&D toe net om seker te laat maak die VDO druk sensor op die turbo werk, oppad met die R300 kan ek voel die turbo werk en merk ook op dat die EGT laer is as sonder die turbo,........, maar wat sien ek daar?

daar is 6 PSI druk op 3000rpm!

die VDO sensor werk dus!

Wat het ek verkeerd gedoen?
DIe "handleiding" se aanwysings vir die instel van die Dawes valve, gee vir jou drukke by rpm's wat nie sommer oorskry moet word nie, en dit moet ingestel word met "half throttle" en ligte las, lees mooi tussen die lyne Phillip,

, dit beteken ry die Trol op gelyk pad en stel die Dawes, doen dit toe en ja daar is die Trol weer die ou Trol vol lewe!!
Gaan die naweek Robertson toe ry so sal mooi kyk wat die EGT en turbo druk doen, en nog bietjie speel met die Dawes valve en die needle valve.
Wat nog gedoen moet word is die EGR wat geblokkeer moet word en hopelik sal die "handgranaat" vir nog 'n hele klomp kilometers wegbly!

Ek wil nie my Trol verkoop en 'n LC 78 aanskaf nie, daai LC is darem spartan uitgerus en is klein jong!
PS. Hoop om spoedig saam die Kaap ouens te kan speel aangesien ek nuut in die Kaap is!
PSS. Glo dat as die Trol op 'n dyno masjien gestel kan word sal dit baie mooi ingestel kan word.!