LOL, G-man, dis presies hoekom ek besig is met dieselfde mod op my Triton hierdie naweek. 2wd drifting is soveel meer pret met die diff-lock aan
Ek kon niemand kry wat dit al op die Triton gedoen het nie, so ek moes dit self uit figure, wat nie maklik is as jy so min van electrickery weet soos ek, maar die prinsiep behoort dieselfde te wees.
Daar is 4 maniere wat ek kon uit figure.
Die diff-lock switch kry dalk sy krag eers na jy 4wd engage het, so jy moet eksterne 12V op die daardie draad van die ratkas af sit en hom laat dink hy is reeds in 4wd.
Die 2de manier is, kyk watter draad voer 12V aan die diff-lock kompressor/meganisme en sit dan 'n 2de skakelaar in wat 12V aan daardie draad kan voer. Dis nou as daai draad direk van die kompressor/meganisme tot by die switch hardloop.
Die eerste metode wou nie werk op die Triton want ek kry geen 12V sein as ek hom in 4wd sit, so ek gaan vanoggend kyk of die 12V draad na my diff-lock kompressor direk van die skakelaar af kom.
As dit nie werk, gaan ek na metode 3, ek sal 'n draad moet lê van die nuwe skakelaar tot by die kompressor.
My skakelaar het 5 drade en dit confuse my, so in plaas van karring aan daai drade, gaan ek eerder 'n eksterne skakelaar bysit.
Die 4de en eenvoudigste manier is as jou skakelaar net eenvouding krag deur laat na die diff-lock meganisme, sit net permanente 12V aan sy agterkant en jy is uitgesort.