Hello daar
Kyk, ’n man kan ook net soveel kultuur opslurp oor ’n langnaweek op Oudtshoorn en dan móét jy bos toe. Praat jou wederhelf om en ontsnap ’n dag lank van die konsertinas, koeksisters en loslappie-sangers van die KKNK. Kom ry ’n lekker wye draai saam met WegRy Toere op die eksklusiewe Leopard Crossing-4x4-roete deur die lieflike Gamkaberg.
Die roete is spesiaal vir WegRy se lesers aanmekaargeslaan deur die Gamkaberg-reservaat se bekende bewaarder Tom Barry. Ons ry nie net in die reservaat nie, maar ook op die pragtige westelike buurplaas, Uhuru.
Ons vertrek net ná ontbyt uit Oudtshoorn, ry die roete waar ons waarskynlik ’n klompie van die bedreigde bergkwaggas sal sien wat hier voorkom, dalk ’n troppie elande of rooihartbeeste en as ons gelukkig is ’n baie skaars Golden pagoda-protea.
Iewers in die berge sal ons middagete geniet en jy behoort rondom vieruur terug te wees op Oudtshoorn, net betyds om jou skoene te politoer vir die aand se Kurt Darren-konsert…
Kom toer saam en ry veilig!
Gaan na http://www.wegry.co.za/toere/kknk-dagtoer vir meer inligting!
Gerrie
KKNK WegRy
- Herrie
- Patrolman 1000+
- Posts: 2999
- Joined: 08 Apr 2009 07:17
- Full Name: Kobus Pienaar
- Nickname: Herrie
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari - Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 55 times
- Been thanked: 94 times
Re: KKNK WegRy
Klink baie goed Gerrie, maar my vrou se bekken is nog besig om te herstel na haar operasie op 16 Desember so ek kan eerse hierdie tipe goed beplan vir volgende jaar!
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
- Gerrie
- Senior Member
- Posts: 261
- Joined: 24 Jan 2011 08:52
- Full Name: Gerrie van Eeden
- Nickname: Gerrie
- Home Town: Cape Town
- Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
- Home Language: Afrikaans
- Been thanked: 1 time
Re: KKNK WegRy
Ai Herrie, dis nou jammer.Herrie wrote:Klink baie goed Gerrie, maar my vrou se bekken is nog besig om te herstel na haar operasie op 16 Desember so ek kan eerse hierdie tipe goed beplan vir volgende jaar!
Ek gaan juis daar wees vir twee van die trippies, so as jy 'n co-pilot kort, kan ek altyd vir jou reel!!


Sterkte vir jou vrou se beterskap!
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 2 guests