KKNK WegRy

Planning a get together (GTG), trip or competition?
Post Reply
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

KKNK WegRy

Post by Gerrie »

Hello daar

Kyk, ’n man kan ook net soveel kultuur opslurp oor ’n langnaweek op Oudtshoorn en dan móét jy bos toe. Praat jou wederhelf om en ontsnap ’n dag lank van die konsertinas, koeksisters en loslappie-sangers van die KKNK. Kom ry ’n lekker wye draai saam met WegRy Toere op die eksklusiewe Leopard Crossing-4x4-roete deur die lieflike Gamkaberg.
Die roete is spesiaal vir WegRy se lesers aanmekaargeslaan deur die Gamkaberg-reservaat se bekende bewaarder Tom Barry. Ons ry nie net in die reservaat nie, maar ook op die pragtige westelike buurplaas, Uhuru.
Ons vertrek net ná ontbyt uit Oudtshoorn, ry die roete waar ons waarskynlik ’n klompie van die bedreigde bergkwaggas sal sien wat hier voorkom, dalk ’n troppie elande of rooihartbeeste en as ons gelukkig is ’n baie skaars Golden pagoda-protea.
Iewers in die berge sal ons middagete geniet en jy behoort rondom vieruur terug te wees op Oudtshoorn, net betyds om jou skoene te politoer vir die aand se Kurt Darren-konsert…
Kom toer saam en ry veilig!
Gaan na http://www.wegry.co.za/toere/kknk-dagtoer vir meer inligting!

Gerrie
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: KKNK WegRy

Post by Herrie »

Klink baie goed Gerrie, maar my vrou se bekken is nog besig om te herstel na haar operasie op 16 Desember so ek kan eerse hierdie tipe goed beplan vir volgende jaar!
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Gerrie
Senior Member
Senior Member
Posts: 261
Joined: 24 Jan 2011 08:52
Full Name: Gerrie van Eeden
Nickname: Gerrie
Home Town: Cape Town
Current 4x4: Igor a 1989 Toyota Hilux.
Home Language: Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: KKNK WegRy

Post by Gerrie »

Herrie wrote:Klink baie goed Gerrie, maar my vrou se bekken is nog besig om te herstel na haar operasie op 16 Desember so ek kan eerse hierdie tipe goed beplan vir volgende jaar!
Ai Herrie, dis nou jammer.
Ek gaan juis daar wees vir twee van die trippies, so as jy 'n co-pilot kort, kan ek altyd vir jou reel!! :salute: :salute:
Sterkte vir jou vrou se beterskap!
Post Reply

Return to “29. Events”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests