Page 1 of 2

RUMKAT 4.5 V8

Posted: 29 Sep 2020 22:49
by Matewis
So ek het my trusty Hilux 3.0 KZTE verkoop vir 'n Nissan Patrol. Altyd gesĂȘ ek sal my Hilux verkoop vir 'n Cruiser of 'n Patrol.

Wel met die prysverskil het dit op die Patrol geval. Ek het begin oplees en van wat ek al self ervaar het is die 2 baie gelyk. Maar tog het 'n Patrol meer presence op die Pad. Bakkie is verkoop. Ek het begin soek. 'n Patrol in Bethlehem gemis wat een van die ander forum manne gekoop het. Ek het met 'n pel gepraat wat gesĂȘ het hy weet van iemand wat 8 Patrols het en dalk is daar een te koop. Die Vrydag 'n oproep gekry. Saterdag hom gaan testdrive en Maandag hom gaan haal.

Dis 'n 2000 model met 'n VK45DE conversion nuwe generasie 4.5 V8.
Rondom 200kw
33duim Mud terrains
2 duim lift
Die speakers is week een vervang met 'n Split System voor en 'n paar 2way Pioneers agter. Dan is daar 'n sub en 'n amp oppad.
:imnewhere: :imnewhere: :imnewhere:

Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 29 Sep 2020 22:53
by Matewis
Ontmoet Rumkat

Ek het 'n voorliefde vir Captain Morgan DARK rum. Onder my vriende staan ek bekend as Matewis of in kort Kat.
Hence die naam. ImageImageImage

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk


Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 05:50
by Tinus lotz
Wekom makker mooi lorrie . Was dit mr Edwards si. Gewees?

Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 05:53
by Matewis
Tinus lotz wrote:Wekom makker mooi lorrie . Was dit mr Edwards si. Gewees?
Dankie Tinus.

Net so ja!

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk


Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 06:27
by Reenen
Wat is jou brandstofverbruik.
Vriend van my het by my gekamp die naweek.
Hy het die vk in sy navara.

Nou, na baie sukkel, het hy sy bradstof verbruik halveer en baie verbeter.
Hy kry nou 3.9 km per liter vs 2 km/l. Met fabrieks ecu.

Watter ecu is in joune?

Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 06:54
by Matewis
Hierdie was met 'n injector wat nie sy werk gedoen het nie. KATBAKKIES uit was dit 1ste rat. Gelaai met 5 mense, agter vol bagasie en 'n trailer wat stampvol was. Image

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk


Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 08:19
by Matewis
Reenen wrote:Wat is jou brandstofverbruik.
Vriend van my het by my gekamp die naweek.
Hy het die vk in sy navara.

Nou, na baie sukkel, het hy sy bradstof verbruik halveer en baie verbeter.
Hy kry nou 3.9 km per liter vs 2 km/l. Met fabrieks ecu.

Watter ecu is in joune?
Hi Reenen,

Nee oor die ECU moet jy my nie vra nie. Daai goed is vir my Grieks. Nie 'n clue watter ECU Llewellyn gebruik nie maar als werk op hom.

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk


Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 10:44
by Francois Theron
Mooi Jaco. Bly het een gekry na die ander teleurstelling. geniet hom!

Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 12:28
by Sweetlips
Nice rig Jaco. Enjoy him and welcome.

Re: RUMKAT 4.5 V8

Posted: 30 Sep 2020 13:19
by Matewis
Thanks Guys!

Dankie @Francois Toerien. Ek sien daai ander Olive se nuwe baas is ook aan die woel met hom!!