Wel met die prysverskil het dit op die Patrol geval. Ek het begin oplees en van wat ek al self ervaar het is die 2 baie gelyk. Maar tog het 'n Patrol meer presence op die Pad. Bakkie is verkoop. Ek het begin soek. 'n Patrol in Bethlehem gemis wat een van die ander forum manne gekoop het. Ek het met 'n pel gepraat wat gesê het hy weet van iemand wat 8 Patrols het en dalk is daar een te koop. Die Vrydag 'n oproep gekry. Saterdag hom gaan testdrive en Maandag hom gaan haal.
Dis 'n 2000 model met 'n VK45DE conversion nuwe generasie 4.5 V8.
Rondom 200kw
33duim Mud terrains
2 duim lift
Die speakers is week een vervang met 'n Split System voor en 'n paar 2way Pioneers agter. Dan is daar 'n sub en 'n amp oppad.


