Reverse gister uit die garage toe voel ek iets is nie pluis nie... en toe ek draai voel dit asof my difflock aan is ... die DL knoppie wys af ... maar toe engage en disengage ek en na en dit die 5 of sesde mal gedoen het met voorentoe en agtertoe ry toe disengage hy uiteindelik ...
ek sien meeste probleme hier hou verband met difflock wat nie wil inskop nie - Dawid, Andre ens. maar nie anders om nie. Advies asb.
Dis eintlik dieselfde probleem, net anders om. Met ander woorde, dis of die solenoid (80%), of die skakelaar(10%) of die control unit10%).
Maar die is wel iets wat jy moet uitsort, want dit kan ernstige skade veroorsaak, want as jy nou die locker aansit, engage hy, maar as jy hom afsit is daar niks wat hom uittrek nie, maar ook niks wat hom ingetrek hou nie...
Ek sou begin deur die solenoid te olie en te probeer losmaak.