Page 1 of 9
Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 12 May 2018 18:45
by Reenen
Al het ek vir Jaco, wat selfde wou doen, oorreed om dit nie te doen, gaan ek dit nou doen.
Ek love Safaris. Baie.
Ek het n hele paar van hulle. Met n wye reeks van engines in hulle. Ek het een, wat op oomblik stock standard is, met L28. Dit is die voertuig wat elke oggend die kinders bus toe vat, want die single cab is te klein, en my vrou ry met die navara, en die ander patrols is ek te suinig om die groot engines elke oggend op te start vir n 10km grondpad rit. Dit is ook die voertuig waarmee ek en die kinders in die rivier gaan swem waar mens net met 4x4 kan kom.
Of net vinnig boot in water druk in plaasdam. Of op saterdag vinnig dorp toe ry.
So dit is die vuil , go anywhere kar. En ek soek dit in diesel.
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 12 May 2018 19:08
by Reenen
Op my vloer staan n rd28 wat perfekte kondisie was, omtrent 70 000km op, wat ek versuip het, en nou so effense gebuigde conrod het.
En nog een sonder cylinder head maar blok en conrods piekfyn.
En ek het nou die dag n rd28 turbo en manifold in hande gekry.
So ek gaan nou die conrods en pistons van bare block oor skuif na versupte engine.
Nuwe ringe, big end bearings, en staal head gasket.
En dan die turbo.
Saam met dit n intercooler, en bout dit in met n veranderde belhousing in safari in.
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 14 May 2018 09:25
by Herrie
Hi, jare terug het my vriend op sy Safari die diesel al gedoen en hy het my die inligting gestuur en kyk aseblief daarna.
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 14 May 2018 10:26
by Reenen
Baie dankie hiervoor.
Ek het darem al n paar conversions gedoen in die safaris
Ek het n safari bakkie waarin ek n QD32ti ingebou het. Werk baie goed
Die een het ek eers die LD28 oorweeg (ek het 2), maar toe op die nuwer RD28 turbo besluit weens die hoër rpm en heelwat meer krag en torque.
Ek sal maar kyk hoe gaan die ombouing, ek kan nie dink dat dit te moeilik sal wees nie. Sal net vinnig gaan loer oor vliegwiel dikte.
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 18 May 2018 04:01
by Reenen
Het gister hopelik my laaste keer petrol ingegooi in die kar.
Wat snaaks is, hy is ligter op brandstof as ek sleep, en regtig swasr sleep, as wat hy is as ek kinders in oggende na bus vat (en 80% van sy gebruik is die kinders bus toe vat. Hy my nou 5.3km/l gegee net met bus toe ry. En vorige tenk met sleep 5.6km/l
Maar dit is nie asof ek baie ry met hom nie.
Eerste keer petrol ingegooi in November 2015 op 213050km. Teen September 2017, 214400km op. So dit is 700km per jaar....
Nou op 218360km. 4000 in laaste 8 maande, so gebruik tel darem op, dus my oorweging na diesel
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 18 May 2018 04:08
by Reenen
Daar is nou n fliek uit, in Duits, oor n stoom trein, wat in woestyn ry, en dan verander word in n boot, en Asië toe ry...
Lyk die trailer bekend? Custom made om daardie trein in die woestyn te gaan aflaai en oplaai en rond skuif in fliek...
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 21 May 2018 11:53
by Stefan
Dit is seker die beste manier om goeie verbruik met jou bakkie te kry

Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 16 Jul 2018 15:41
by Oppies3800
Reenen, moet nie verander nie.
Die een ry baie lekker

Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 22 Jul 2018 21:20
by Reenen
There is method in my madness
Die engine wat ek daar gaan in sit, was n opsie in hulle, of in die vorm net na die een. Daai 2.8 turbo intercooled gaan hom baie beter in berg maak, soos die bakkie.
Re: Safari L28 na Rd28 convertion
Posted: 22 Jul 2018 22:31
by Kagiso II
Reen .. is die bellhousings dieselle of moet jy skaaf daar ? is di eratkas 'n dierekte " bolt on" ?
Wou nog vra -- het jy 'n plan im Safari 'n COIL suspensie voor en agter te kan verander? [Engeltjie Engelbrecht het begin, toe raak hy siek[lik] Sou dit bitter graag op LOBO wou doen