Met die dat Agarob op die krukkelys is, en die Terrano in Botswana staan [asemloos] het ek net getroue ou LOBO ommee oor die weg te kom. Die arme ding het bikki soos 'n depressiejare hoenderhok begin lyk - het ek en 'Jerry' [hom sommer van dies traat af opkommandeer] vir ou Lobo onder hande geneem en nou is hy so mooi - ek is sommer van vooraf verlief.
Hom 3 keer politoer vandag. Eers 'swirl remover', toe 'n laag "color match" en laastens 'n goeie invryf "Diamond Guard"
O-ja, die buffer en koeiestamper onder hand geneem en 'n nuwe laag HF "charcoal" gespuit. Sy nuwe Hella's kom ook nog oormore in.
Ek is nou regtig in die mark vir 'n stel vellings vir Lobo - die H/B wiele wat hy nou op het se "offset" is te smal en die wiele skuur as ek ry. (Arries, vellings is Afrikaans vir RIMS !!!

Ek verneem daar is 'n LAUREL 5-spoed ratkas beskikbaar. Gaan more kyk.

volgende is die suspensie - hy loop erg te laag en met 3-Provinsies het ek paar plekke op die klippe ge 'doef-doef'.
Ben Hur sorteer Saterdag [DV] sy 'dinkprogram' uit]
en dan ... en dan .. dan haal ons al sy roes uit, en maak hom dubbelkajuit ... en [AS ek kan kry, ] vervang die sitplekke met 'n stel uit 'n renault Scenic.

