bogeyman wrote:As jy regtig groot wil gaan , is die ultimate om n Gq oordra ratkas te vat en die l28 autobox se extension af te haal en dan die twee aanmekaar te bout. Met heelwat modifikasies natuurlik. Dan is jy ontslae van die kort propshaft wat altyd vibreer en sit met n onbreekbare oordra ratkas. Die cross members kan rondskuif en die voor en agter propshafts kom op die regte plekke uit. Handbriek drom is ook dieselfde plek as die ou een. Sal dalk die shafts effens moet verander. Ons het al die somme gemaak , en die ratios werk perfek uit.
Ek sien my vorige post het weg geraak. Miskien net nie die post knoppie gedruk nie
Ek sien my MQ C200 en H260 diff is ook 4.8 ratio. Mense het my vertel ek moes verkeerd getel het en die goed sal 4.35 of so iets wees. Werk vir my wel goed uit want die Sani was ook 4.8. Maar ek sit nog met lekker lang bene met die 33" bande wat my baie roof van krag op die arme 2.7TD.
Bogeyman, ek moet a Safari Transfer nog vas maak op my bestaande Sani se ratkas met transfer. Ek sien die ding sit met so 400mm se propshaft, en ek sal graag die tweede transfer so naby aan die Sani se boks wil kry om langer propshaft tussen transfer en ager diff te hê. Ek gaan al klaar met baie kort propshaft sit van so 600-700mm.
Het gedink ek kan ontslae raak van die klein propshaft tussen die twee transfer cases, en net die slip joint in die Sani boks reguit vat deur UJ na die flange wat op die Safari transfer vas maak.
Enige idees???