More manne
Tommie het my sondag aand gebel en gesê hy gaan die 24 tot 27 ste steptember n trip doen en wil weet wie wil saam kom ....ek sal graag self wil gaan hang net af van kinders se program maar gaan my beste gee om dit te maak . Daar is drie roetes wat hy gaan ry so kom ons hoor wie kan saam kom
Dag Maats.
Ja ons sal kamp by Boegoeberg, maar sal die Soutput, en Waterford roetes gaan ry, ek gaan moontlik die naweek kyk of ons n 3de roete sal kan ry. Kamp plek is so 3ster, en daar is ook net krag van 7die ogend tot 10uur, en dan weer van 5 die middag tot en met 10uur die aand. Ons kamp langs die Oranje rivier. Kostes is R100 volwassene en R50 n kind,onder 12. Dit was die laaste kostes gewees, glo nie dat dit sommer sal opgaan nie. Die roetes is baja lekker met "escape routes" vir die wat nie kan uitkom nie. Magtig waarvan praat ekke tog nou, die is mos die Patrol Forum, ons ken nie van "escape routes" nie. Indien enige iemand nog inligting soek vra maar. Dit is omtrent so 710km vanaf PTA.