Lunar
Kry Cross Country 4x4 versekering. Hulle briljant. Op my Patrol is hulle maandleikse premie R50 geodkoper as gewone versekering, en hulle het geen probleem mens te help nie. Hull het my winch ook vervang wat gesterf het na 'n naweek se Land Rover rondsleep in die Olifants Rivier.
Ek kan hulle rerig aanbeveel. Doen die moeite en vind by hulle uit. As ek nie by hulle verseker was nie, het ek nou met baie skade rond gery. Die bumper agter is ook deur hulle vervang, met geen probleme nie. Ek is rerig verbaas deur hulle diens en doeltreffendheid.
Maar nou is my Patrol reg. Ons gaan binnekort rivier toe!!
Wie wil saam kom? Olifantsrivier in die Noord Transvaal se bosveld.
