Page 1 of 3

Fuel consumption...

Posted: 19 Jan 2012 21:05
by Adamastor
Hi guys...

Planning for the Nam trip end May '12 is comming along nicely...

As things go... you get to sections that requires more fuel than what your car's on board tanks were designed for...
Or the filling points are so far apart, you have to start thinking out of the box (tank?)...

Anyways...
I planned as follows towing the Explorer:
Long runs tar (2 wheel drive) - 4.5km/l or 22l/100km
Good gravel and back roads (4H) - 4km/l or 25l/100km
River beds, hard & soft tracks (4H, 60% / 4L, 40%) - 3km/l or 33l/100km

Will I get stuck somewhere? (without fuel... not in the sand or mountains dummy :biggrin: )

Re: Fuel consumption...

Posted: 19 Jan 2012 23:06
by Alex Roux
Hi Adamastor

Ek sien jy verkies jou kar soos hy van sy ma af gekom het...

So jy het nie een van die volgende oorweeg nie?:
a) There is apparently a chip that some owners hav installed to the 4.8 that helps quite a bit with consumption (Some swear by it and other are not so happy)
b) What about an extra tank?

Or what about jerry cans?

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 07:25
by Peter Connan
Hannes, ek ry nie 'n 4.8 nie, en ek sleep ook nie. Al my besittings sit bo op die dak.

Maar ek kry die volgende:
In die dorp, of teen 120 op die snelweg: 4.2-4.5 km/l
Op teerpad, maar teen 100km/h: 4.8km/l
Maar snaaks genoeg, voorlaasjaar in Botswana was my kar baie swaar gelaai. Ons het op die teerpaaie 90/100km/h gery, en op die grondpaaie watookal gemaklik was. Ons het baie grondpad, en ook baie sandpat gery (dwars deur die CKGR, op paaie waar ek nie eers uit tweede rat kon kom nie, en ook deur Mabuasehube waar daar ook baie sand is),en my gemiddeld vir die hele trip was 5.4km/l.

Om die waarheid te se, my beste verbruik nog ooit was deur die CKGR, waar daar amper net sagte sand is. 5.7km/l.

Wat ek probeer se is, baie van ons brandstofverbruik is as gevolg van windweerstand, en sodra jy konstant stadiger ry, kan jy heelwat verbetering kry. Ek glo jy kan daai 3 in sagte sand maklik 'n 4 maak (met die regte banddruk), en jou grondpadsyfer glo ek gaan beter wees as jou teerpadsyfer.

Ek gebruik 4.5 as my gemiddeld vir roetebeplanning, en het nog nooit kortgekom nie.

Sorry, I just noticed I have re-lapsed into Afrikaans. To lazy to translate now, if anybody wants one let me know.

Anyway, I want to agree with Alex, in fact I want to take it one further: probably the best modification there is for an overland vehicle is a good long-range tank. you can fit as much as 200l under a Patrol, which helps a lot.

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 08:23
by Wheels
You should plan your trip with a consumption of about 4.5km/l. You should get a better consumption than that. If need be fit a larger main tank. (145l). Do not even think of a chip. It will not save you any fuel.
I get about 5.5km/l with a trailer on, and doing 110 km/h in Namibia. Even the gravel roads should not realy bring down your fuel consumption. Driving in sand will.

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 08:30
by SiasKarsten
Hi

Ek ry ook die 4.8, en ja jy kan bly wees om 4.5 km/l te kry met n wa agter aan.
Een van my vorige roetes deur Nam was met n Eco4 agter, vir 6500 km, daarvan was die meeste grondpad, 4x4 roetes, riviere en die duine tussen Walvis en Conceptionbaai. Ek is nou nie iemand wat kyk na die brandstof gebruik nie, nie as jy jou Patrol wil geniet nie, maar my seun het so bietjie boek gehou.

Gemiddeld vir hele roete was 3.7 km/l
Duine was (sonder Eco) 2.7 km/l vir so 400 km

Spoed het natuurlik n groot invloed, selfs tussen 100 en 120, n vriend van my het al 6 km/l gekry sonder n wa agter op teer, maar hy het nie n "roofrack" op nie, wat tot 1 km/l verskil kan maak.
Dan moet ek ook noem dat ek BFs op my Patrol het wat die 10 % fout op die speedo regstel.

Ek stel voor jy sit maar so 3 Jerry kanne in, en gooi brandstof waar jy kan.

Geniet hom.

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 09:14
by johanp
Ek het 7000km gery en 'n Conqueror Commander met my 4.8 gesleep. Ons het net by Sossusvlei en deur die Ugab rivier (waar ek in die riviersand vasgeval het) in die sand gery en die res was teer en grond pad.
Ons het so tussen 100 en 120 km/h gery en ek het 4.4km/l gemiddeld gekry.
As jy jerrykanne vat, maak net seker dat dit leeg is as jy deur die grensposte gaan. Hulle wil die petrol daar konfiskeer en uitgooi.

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 13:00
by David
2010-06-28 Camp Syncro - Puros.JPG
2010-06-28 Camp Syncro - Puros.JPG (59.38 KiB) Viewed 8188 times
With everything on top including 4 Jerrycans and not towing anything I got the following consumption while doing 120 on the main roads...
km/l l/100km
4.50 22.25 Stellenbosch - Van Rynsdorp
4.27 23.44 Van Rynsdorp - Noordoewer
4.60 21.75 Noordoewer - Mariental
4.86 20.58 Mariental - Aranos - Gobabis
4.80 20.82 Gobabis - Waterberge - Otjivarongo
5.01 19.96 Otjivarongo - Kamanjab
5.31 18.83 Kamanjab - Opuwo
3.63 27.57 Opuwo - Okongwati - Van Zyl's Pas - Puros - Sesfontein
4.25 23.51 Sesfontein - Warmqelle - Swakopmund
4.68 21.35 Swakopmund
4.42 22.60 Swakopmund - Sossosvlei
4.65 21.52 Sossosvlei - Aus - Rosh Pinah
4.02 24.86 Rosh-Pinah - Sendelingsdrif - Alexanderbaai - Springbok
4.36 22.96 Springbok - Stellenbosch

Re: Fuel consumption...

Posted: 20 Jan 2012 14:05
by Adamastor
Right!

1.
Die stukkie van my trip wat pla is:
Palmwag (goeie brandstof voorsiening) > Sesfontein (gebrekkige brandstof voorsiening) > Puros > Orupembe > Opuwo (goeie brandstof voorsiening).
Vir alle praktiese doeleindes kan jy brandstof voorsiening by Puros en Orupembe buite rekening laat.

Dit laat ons met die volgende afstande en pad toestande volgens my navorsing:
Palmwag > Sesfontein: 110km grondpad
Sesfontein > Puros rivierlangs: 70km harde pad tot by die Poort en 130km van alle soorte sand, van hard tot sag deur Amspoort en Puros canyon
Puros > Orupembe rivierlangs: 25km harde pad en 70km van alle soorte sand, van hard tot sag
Orupembe > Opuwo rivierlangs: 100km harde pad en 90km van alle soorte sand, van hard tot sag

Indien daar brandstof op Sesfontein is die dag wat ek dit nodig het, moet ek voorsiening maak vir 485km.
Indien ek dit ongelukkig tref en Sesfontein het NIE brandstof op die dag wat ek dit nodig het nie, moet ek voorsiening maak vir 595km!
Die voertuig het reeds BFG's op en die GPS / Speedo spoedverskil is so 2km/h - het nog nie eintlik gekyk na die afstandverskil nie, maar ek glo die bande het 'n invloed op brandstofverbruik berekeninge.

Dit wil sê ek moet enigiets tussen 150l tot 210l brandstof saamdra - of is my somme nou heel verkeerd...

ps - as iemand die voorlopige Mapsource plot van my voorgenome trip wil sien, vra maar, dan maak ek 'n plan om dit op te plak.

2.
Die Explorer het reeds 2 jerrykanne agterop - dit gee my 135l aanboord + 40 = 175l.
Ek het 'n jerrykan houer vir die dakrak wat 2 kanne kan dra. As ek nie sleep nie het ek gewoonlik die Explorer se 2 kanne op die dakrak van die Navara gesit.
Sal maar 2 kanne by iemand leen wat daardie tyd nie iewers heen wil ry nie of nog 2 van my eie aanskaf - dit gee my dan 135l aanboord + 40 + 40 = 215l.
Volgens van julle optimistiese verbruike en my pessimistiese verbruik berekeninge sal ek dan deurkom.
Dis "obviously" eerste prys as ek minder gebruik.

3.
Banddruk...
Ek ry normaalweg op 2.0 voor en 2.2 agter soos die plakker in die deur sê.
Het net klein bietjie sand gery tot nou toe en kon regkom met 1.6 voor en 1.8 agter (warm banddruk, met geen vrag, 5 volwassenes en 2 kleintjies).
Dit het "heel maklik" gegaan.
Gaan hopelik volgende Saterdag die 28ste, saam met Anre en 'n paar ouens van die Nissan forum by Atlantis ry...
Sal dan bietjie met banddruk speel.

Wat stel julle voor?

4.
Ek het 'n "chip" vir my vorige 2.5 diesel Navara oorweeg.
My navorsing het nie 'n "chip" wat enigsins die moeite werd is vir 'n petrol Patrol opgelewer nie.

5.
Het al 'n "long range" tenk oorweeg, maar na ek een of twee goed gelees het oor tenke wat lek, het ek daarteen besluit.
Ek het ook fotos van ge-installeerde tenke gesien en die stuk ding wat so onder die kar uithang het my ook van plan laat verander.

6.
Dankie...
Sal die grensposte ingedagte hou...
Snaaks... die ouens daar by Komatipoort en Kosibaai se grensposte het nogal nie ge-worry oor die jerrykanne agterop die Explorer toe ons in Oktober 2010 daarlangs was nie.

********************
Net om my onkunde ten opsigte van die Patrol se dinge in perspektief te stel:
Soos van julle mag weet of nie, my vorige ryding was 'n handrat 2.5 DCi Navara dubbelkajuit.
Ek het redelike algemene ondervinding van "van die pad af" toer deur Botswana, Mozambique, Namibië, Lesotho en 4x4 roetes oor naweke.

My enigste ernstige sand-ry ondervinding vir 'n paar dae aaneen, het ek opgedoen op 'n trippie Saddle Hill toe, oor die "oujaar" van 2010.
Nadat Wittes Beukes (die toerleier en 'n ou hand in die Namib en Kaokoland) my en die Navara onder hande gehad het, was ek erg ontevrede toe die toer ten einde loop en ek het nie eenkeer die geleendheid gekry om "ge-recover" te word nie! :rolling:
Op die grondpad soontoe en terug was ek in 4 high en my banddruk 1.5 bar (ook BFG's 17 duim).
Ek het die hele sand trip gedeelte in 4 low gery en die bande was 1.2 bar (koud) in die oggend voor ons begin ry het.
En ek was altyd 1 of 2 ratte hoër as die ander ouens omdat die kar 'n 6 spoed ratkas het.
Die enigste keer wat ek nodig gehad het om in 4 high te ry, was toe ons die "monster duin" moes uit en ek het nodig gehad om bokant 80km/u te kom.
Terloops ons was net 4 wat die duin ge-uit het, waarvan die toerleier een was... en ons was 12 karre in die groep.

Ek moet ruiterlik erken dit was nogal erg lekker om die ouens in enigiets van 'n Cruiser 76 tot Toyota enkelkajuitbakkies met die Navara wat reg "ge-tune" was vir die woestyn, ore aan te sit! :woo:
Maar nou het ek die petrol - boonop outomaties en ek het gou agter gekom dis nie dieselfde perd waarmee ek nou ja nie...

Re: Fuel consumption...

Posted: 21 Jan 2012 06:47
by David
Adamastor wrote: Banddruk...
Ek ry normaalweg op 2.0 voor en 2.2 agter soos die plakker in die deur sê....
Wel as jy wil brandstof spaar is hierdie die eerste plek waar jy brandstof kan spaar! Veral met die vrag wat jy gaan dra sal ek die bandruk ten minste op vat na 2.4 tot 2.6 vir die oop pad en net laat sak vir die los sand van die rivier beddings en slegte agter paaie. Die meeste grond paaie in Nam is mos beter as ons teer paaie! :thumbup:

Ek was nog altyd gelukkig by Sesfontein vir brandstof so ek glo julle kanse om brandstof daar te kry is goed.

O ja - en vir Atlantis is daar net een reel : Band druk = 0.8 en jy gaan geen probleem hê nie :woo:

Re: Fuel consumption...

Posted: 21 Jan 2012 09:37
by Adamastor
Nou Ja...

That settles that then...
Thanks guys.

Hopefully I can organise one of the family to play "secretary" :biggrin:
Then I will be able to give a fairly complete and accurate trip report upon our return...

Now I must start thinking about those mud flaps I have to manufacture :think: