Right!
1.
Die stukkie van my trip wat pla is:
Palmwag (goeie brandstof voorsiening) > Sesfontein (gebrekkige brandstof voorsiening) > Puros > Orupembe > Opuwo (goeie brandstof voorsiening).
Vir alle praktiese doeleindes kan jy brandstof voorsiening by Puros en Orupembe buite rekening laat.
Dit laat ons met die volgende afstande en pad toestande volgens my navorsing:
Palmwag > Sesfontein: 110km grondpad
Sesfontein > Puros rivierlangs: 70km harde pad tot by die Poort en 130km van alle soorte sand, van hard tot sag deur Amspoort en Puros canyon
Puros > Orupembe rivierlangs: 25km harde pad en 70km van alle soorte sand, van hard tot sag
Orupembe > Opuwo rivierlangs: 100km harde pad en 90km van alle soorte sand, van hard tot sag
Indien daar brandstof op Sesfontein is die dag wat ek dit nodig het, moet ek voorsiening maak vir 485km.
Indien ek dit ongelukkig tref en Sesfontein het NIE brandstof op die dag wat ek dit nodig het nie, moet ek voorsiening maak vir 595km!
Die voertuig het reeds BFG's op en die GPS / Speedo spoedverskil is so 2km/h - het nog nie eintlik gekyk na die afstandverskil nie, maar ek glo die bande het 'n invloed op brandstofverbruik berekeninge.
Dit wil sê ek moet enigiets tussen 150l tot 210l brandstof saamdra - of is my somme nou heel verkeerd...
ps - as iemand die voorlopige Mapsource plot van my voorgenome trip wil sien, vra maar, dan maak ek 'n plan om dit op te plak.
2.
Die Explorer het reeds 2 jerrykanne agterop - dit gee my 135l aanboord + 40 = 175l.
Ek het 'n jerrykan houer vir die dakrak wat 2 kanne kan dra. As ek nie sleep nie het ek gewoonlik die Explorer se 2 kanne op die dakrak van die Navara gesit.
Sal maar 2 kanne by iemand leen wat daardie tyd nie iewers heen wil ry nie of nog 2 van my eie aanskaf - dit gee my dan 135l aanboord + 40 + 40 = 215l.
Volgens van julle optimistiese verbruike en my pessimistiese verbruik berekeninge sal ek dan deurkom.
Dis "obviously" eerste prys as ek minder gebruik.
3.
Banddruk...
Ek ry normaalweg op 2.0 voor en 2.2 agter soos die plakker in die deur sê.
Het net klein bietjie sand gery tot nou toe en kon regkom met 1.6 voor en 1.8 agter (warm banddruk, met geen vrag, 5 volwassenes en 2 kleintjies).
Dit het "heel maklik" gegaan.
Gaan hopelik volgende Saterdag die 28ste, saam met Anre en 'n paar ouens van die Nissan forum by Atlantis ry...
Sal dan bietjie met banddruk speel.
Wat stel julle voor?
4.
Ek het 'n "chip" vir my vorige 2.5 diesel Navara oorweeg.
My navorsing het nie 'n "chip" wat enigsins die moeite werd is vir 'n petrol Patrol opgelewer nie.
5.
Het al 'n "long range" tenk oorweeg, maar na ek een of twee goed gelees het oor tenke wat lek, het ek daarteen besluit.
Ek het ook fotos van ge-installeerde tenke gesien en die stuk ding wat so onder die kar uithang het my ook van plan laat verander.
6.
Dankie...
Sal die grensposte ingedagte hou...
Snaaks... die ouens daar by Komatipoort en Kosibaai se grensposte het nogal nie ge-worry oor die jerrykanne agterop die Explorer toe ons in Oktober 2010 daarlangs was nie.
********************
Net om my onkunde ten opsigte van die Patrol se dinge in perspektief te stel:
Soos van julle mag weet of nie, my vorige ryding was 'n handrat 2.5 DCi Navara dubbelkajuit.
Ek het redelike algemene ondervinding van "van die pad af" toer deur Botswana, Mozambique, Namibië, Lesotho en 4x4 roetes oor naweke.
My enigste ernstige sand-ry ondervinding vir 'n paar dae aaneen, het ek opgedoen op 'n trippie Saddle Hill toe, oor die "oujaar" van 2010.
Nadat Wittes Beukes (die toerleier en 'n ou hand in die Namib en Kaokoland) my en die Navara onder hande gehad het, was ek erg ontevrede toe die toer ten einde loop en ek het nie eenkeer die geleendheid gekry om "ge-recover" te word nie!
Op die grondpad soontoe en terug was ek in 4 high en my banddruk 1.5 bar (ook BFG's 17 duim).
Ek het die hele sand trip gedeelte in 4 low gery en die bande was 1.2 bar (koud) in die oggend voor ons begin ry het.
En ek was altyd 1 of 2 ratte hoër as die ander ouens omdat die kar 'n 6 spoed ratkas het.
Die enigste keer wat ek nodig gehad het om in 4 high te ry, was toe ons die "monster duin" moes uit en ek het nodig gehad om bokant 80km/u te kom.
Terloops ons was net 4 wat die duin ge-uit het, waarvan die toerleier een was... en ons was 12 karre in die groep.
Ek moet ruiterlik erken dit was nogal erg lekker om die ouens in enigiets van 'n Cruiser 76 tot Toyota enkelkajuitbakkies met die Navara wat reg "ge-tune" was vir die woestyn, ore aan te sit!
Maar nou het ek die petrol - boonop outomaties en ek het gou agter gekom dis nie dieselfde perd waarmee ek nou ja nie...