Page 1 of 1
17" Rim for 4.8GRX
Posted: 07 Oct 2011 17:09
by jan.dup
Hi Guys,
I need a 17" rim for my extra (second) spare wheel. It needn't be a magrim - any rim that will fit is cool as it is for the "in case" spare. I have BF KM2's 285/70R17's on and the rim is a six hole 8j ... I think
Phoned the stealers and they ask
R 11 000.00 for a SINGLE frikken rim - yea right not for a set - for net ene, uno, one, enkel

Dooie forklift !!!!
Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 09 Oct 2011 17:54
by JG Shields
Jan, ek weet party manne hou nie van die idee nie, maar 'n gewone "pro-white" met die regte off-set werk baie goed vir daardie doel. Dis dalk nodig dat jy 'n bypassende stel wielmoere saamry, maar dis nie 'n kwessie nie. Jy gaan in elk geval nie daai ekstra spaarwiel vertoon of gebruik om meer mooi te lyk nie. Dis os waarom dit 'n NOODWIEL genoem word. 'n Nuwe pro-whate rim gaan jou minder as R800 kos.
Ek het my sleepwa se wiele so gekies dat die wa se pro-white wiele ook op die Partol, en nou die Cruiser pas. Dit laat my altyd met genoeg spaarwiele.
Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 09 Oct 2011 19:03
by Herrie
Ek vat gewoonlik net die band saam op die roofrack want dis baie ligter as die band met 'n rim. Daar is 'n grooter kans dat jy 'n band gaan verloor as 'n rim.
Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 09 Oct 2011 21:56
by David

Soos Herrie sê - kanse is skraal dat jy 2 rims gaan afskryf - ek vat ook net die buiteband - dis ligter en daar is baie plek binne in om ander goed te stoor

Toe ek laas gesoek het was daar geen Pro-Whites beskikbaar in 17 duim met die regte offset nie

Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 10 Oct 2011 06:09
by JG Shields
Kobus en David, ek hoor julle en dit maak sin, maar julle plan klink na ekstra werk in die veld as iets kleins soos 'n pap wiel jou tref. Massa is altyd 'n sensitiewe sakie, maar...'n Patrol is mos nie bang vir so bietjie ekstra massa nie??? Inteendeel, 'n band op 'n rim sal jou gouer weer aan die ry kry...iets waarvoor die Patrol baie liewer is as om stil te staan langs die pad en toekyk saam met swambo hoe hulle ou toppie met "tyre levers" homself papnat sweet en vloek...... Die band klaar op 'n rim is eenvoudig soveel geriefliker en hy pak maar in dieselfde spasie in.
Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 10 Oct 2011 07:12
by David
Ek hoor wat jy sê maar daai 2de band is regtig net daar vir 'n nood geval as jy 2 bande afskryf.
99% van die tyd haal ek nie eers die pap wiel af nie - ek fix hom sommer so aan die kar met 'n snot-stokkie en sou die band onherstelbaar wees dan gooi ek my spaar op. Eers dan sal ek begin uitkyk vir een van die band herstel plekkies wat by amper elke nedersetting is om die spaar band op die rim te kry (Iets wat ek nog nooit nodig gehad het om te doen nie).
Ek glo nogsteeds jou grootste probleem gaan wees dat jy nie 'n band in die hande gaan kry - veral 'n 17duim - en die tweede band gee jou daardie gemoedsrus.

Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 10 Oct 2011 07:22
by Peter Connan
Ek hoor wat julle almal se.
Ek wil graag twee ekstra stuiwers in die armbeurs gooi:
1) Die Patrol is dalk nie bang vir die gewig nie, maar die weegbrug is.
2) Ek dink dis 'n goeie idee om in elk geval 'n paar ekstra wielmoere saam te piekel.
En voor die manne vir ons kwaad raak oor ons so baie afrikaans praat:
there are two additional factors I would like to mention:
1) The extra weight of the additional wheel (as opposed to only a tire) will not be a problem for the Patrol, but it may be a problem at the weighbridge.
2) I beleive it is a good idea to have some extra wheelnuts in your baggage anyway.
Off course where you carry that spare may also have an impact. If you carry it on the roofrack, then carrying only a tire gives you more packing space inside that tire, but if you carry it on the rear bumper obviously it must be on a rim.
With regard to pro-whites, I use one myself for this application, even though the offset is not 100% correct. I don't like them, but as a second spare, i think it is adequate.
Re: 17" Rim for 4.8GRX
Posted: 10 Oct 2011 12:33
by jan.dup
Dankie vir al julle insette. Ek dink ek gaan vir die trip dalk net die band saamry (sonder rim) want my tyd raak min - maar ek het met al my vorige voertuie 'n band met rim as 2de spaarwiel saamgery. Ek sit hom op die roofrack. Dit is so dat die kans baie skraal is dat jy dit enigsins gaan gebruik - maar wat as ? Ek worry ook nie te veel as ek alleen is nie maar as vroulief saamgaan (haar senuwees is al klaar 'n paar maal tot die uiterste bebroef

) wil ek haar nie eens wys ek sukkel nie

- sy moet dink alles is onder beheer

Waar kan ek soek vir 'n pro-white 17" rim ?
Translated into English:
For my wife's sake and to look in control of the situation

my 2nd spare wheel must preferably be on a rim - any rim that will fit - doesn't matter the look - as I carry it on the roofrack.