3.0 DT Wat snaakse dinge doen!!!
Posted: 18 Jul 2011 10:25
Hi Manne
Lanklaas op die forum, was vreeslik besig die laaste rukkie so het so bietjie agter geraak wat die gossip betref en wat alreeds ge-post is. Ek het natuurlik so ietwat van n' probleem en hopelik sal een van julle manne wat ken van vir my kan diagnoseer wat met my Patrollie fout is. Ek het die 8st Julie met my Patrol van PE na JHB toe gery en het op pad agtergekom dat as jy by so lekker cruising spoed kom wat so tussen 110 en 120km/ph is dan het die engine somtyds snaakse dinge gedoen. Op omtrent die spoed en sowat 3000 rpm's het dit gevoel asof die engine stilstaan en uitsny...as ek die versneller verder in trap dan het niks gebeur nie en dit het gevoel asof die engine smoor. Toe dit weer gebeur het ek my voet totaal van die versneller af gehaal en dan weer in getrap dan het die engine revs eers verby 3000 rpm gegaan en het dan spoed opgetel. Dit het nie na iets groots gevoel nie maar het besef dit was nie normaal nie. Die Sondag toe ek terugdraa PE toe het dit erger geraak. Die engine het geen probleem deur lae rpm's nie maar sodra dit by die 3000's kom dan wil die ding glad nie verder spoed of revs optel nie. Het toe maar so aan gesukkel tot ek weer in PE aangekom het. Die Patrol moes jy vinnig deur sy ratte werk om by spoed te kom maar die spoed was beperk duer die rpm, jy het niks bo 3000 en 4000 gekry nie. Die engine het absoluut geen trek krag nie, hy kan weg trek maar sodra daar n' effens bult is verloor hy alles wat hy het en sukkel. Net op reguit paaie en afdraandes kon ek bo 100km/ph kom. Gelukkige was dit afdraande see se kant toe anders sou ek nooit by die huis kom nie. Ek was laas week met besigheid in Durban so kon glad nie aandag aan die probleem gee nie tot vandag toe nie. Ek wil hom invat maar wil eers hoor by die wat ken wat moontlik die probleem kan wees en wat ek my voor inlaat.
Ek hoop van harte dat dit nie daai handgranaat se pennetjie is nie. Die Patrol was is gediens en baie diesel ouens het al menings gegee en dit is als van air flow meters, foutiewe turbo asook n' blokasie in brandstof pype. Wat se die manne wat ken van????
Julle opinies en raad sal waardeur word.