Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Driving, recovery & more
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Kagiso II »

BEELD
Vrou se 4x4 rol by wal af, tref boom
2011-03-28 09:57 x Louise Ferreira

’n 37-jarige vrou is ernstig beseer toe haar viertrekvoertuig op ’n 4x4-roete 300?m ver by ’n wal afgerol en ’n boom getref het.

Die ongeluk het eergistermiddag by die Bosvark 4x4 Adventure Park by Noordheuwel aan die Wes-Rand gebeur.

Volgens mnr. Jeffrey Wicks, Netcare?911-woordvoerder, het die vrou met haar voertuig op ’n veldroete gery toe sy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.

“Die voertuig het omgeslaan, teen die steil wal afgerol en ’n boom getref.

“Die bestuurder is uit die motor geslinger toe dit deur die lug getrek het. Sy is byna 75?m van die verfrommelde voertuig gevind.”

Volgens Wicks het die vrou ernstige kop- en borsbeserings opgedoen.

Paramedici het haar op die toneel behandel, waarna sy per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem is. Haar toestand is ernstig, maar stabiel.

Wicks het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Hy het toegegee dat Vrydag se swaar reën moontlik daartoe bygedra het, maar kan dit nie beslis daaraan koppel nie.

Dit is onbekend of die vrou ’n sitplekgordel gedra het.

Mnr. Jan Killian, die eienaar van Bosvark, wou nie verdere inligting verstrek nie, behalwe om te sê dat dit nie eergister daar gereën het nie.

“Daar was geen nalatigheid nie, dit kan ek jou sê. Dit was net ’n ongeluk.”

Volgens mnr. Alan Goodway, die eienaar van die 4x4 Offroad Adventure Club in Gauteng, beïnvloed verskeie faktore die veiligheid van ’n roete.

“Dis heeltemal gegrond op die vaardigheid van die bestuurder, die vaardigheid van die voertuig, die toestande op die grond, die toestand van die bande en die banddruk.

“Jy moet jou gesonde verstand gebruik. ’n Mens sou aanneem as die vrou besluit het om te gaan ry, sou sy al die nodige voorsorgmaatreëls nagekom het, soos om uit die voertuig te klim en die hindernisse te inspekteer.

“Daar is altyd die moontlikheid dat iets kan skeefloop. ’n Band kan bars of loskom van die velling.”
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Abri Hoffman
Patrolman
Patrolman
Posts: 526
Joined: 30 Apr 2009 14:06
Full Name: Abri Hoffman
Nickname: Abri
Home Town: Monument Park
Current 4x4: 2013 FJ Cruiser
Home Language: Afrikaans
Location: Monument Park
Been thanked: 7 times
Contact:

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Abri Hoffman »

Always sad to see somebody get hurt.
What upset me more is the idea that people think it unnecessary to wear a seatbelt offroad. I have on so many excursions been the cause of anger / ridicule because I won't drive unless everybody in the car is buckled up. Both deaths I know of was as a result of the person falling out and the car rolling over him / her.
2013 FJ Cruiser
"Jack Russel"
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Stefan »

Agreed. Adri, I'll drive with you any day.
User avatar
Family_Dog
Senior Member
Senior Member
Posts: 163
Joined: 02 May 2009 20:31
Full Name: Eric Skeen
Nickname: F_D
Home Town: Klerksdorp
Current 4x4: Hilux 2.7i IFS D/C
Hilux 2.2i SFA D/C
Prado 3.4 VX
Home Language: I try to be Fifty/Vyftig
Been thanked: 19 times
Contact:

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Family_Dog »

The Hilux belonged to Richard, from the Hilux4x4 forum. His wife was driving it. Jere is what Richard had to say about the article in Beeld:

---
Dit is baie teleurstellend om te sien wat se klomp snert die media kan kwyd raak.Dit is geen wonder dat gemoedere in hierdie land so hoog is nie
Dit maak my die joos in dat hulle sensasie najaag eerder as waare beriggewing!Hoe kan 'n mens dan enige iets glo waaroor daar geskryf word?
---
Zelna het opgery na die uitkyk punt na die dag se 4x4 ry om saam met haar broer 'n koeldrank te gaan drink op die uitkyk punt,soos ons altyd
doen.Ek moet se dit was al tradiesie en was nie die eerste keer wat sy dit gedoen het nie.Sy het volgens haar nie genoeg peoier gehad nie en kon nie oor die laaste klippe kom nie en die voertuig het gestol.Sy het voertuig in trurat gesit maar ongelukkig het sy met die aksie onwetend
die kort kierie in nutraal gedruk .en nou ja ons almal weet wat gebeur dan.(Keer daarna is redelik onmoontlik).Ek was netnou op die toneel,sy het die voertuig reguit gehou af in tru vir ongeveer 'n100 meter maar ongelukkig was 'n 10 meter rotsbank afgrond net te veel vir die onderstel en het die voertuig gat oor kop geslaan en begin rol.+-60 meter af teen die berg oor 'n boom waar sy uit die voertuig uit geslinger is.tokkelos het teen 'n volgende boom tot stilstand gekom en Zelna het so 3 meter vanaf die bakkie gele.die res is geskiedenis.

---


-F_D

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4

One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, One Gold Fish
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Herrie »

Enige idee hoe dit met die vrou gaan??
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Grant
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1269
Joined: 29 Apr 2009 14:52
Full Name: Francis
Nickname: Grant
Home Town: Rosendal
Current 4x4: 2020 70 Series V8 LC
Hilux 2,4 4x4 SC Dakar
Home Language: English
Location: Eastern Free State
Has thanked: 3 times
Been thanked: 26 times

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Grant »

We all need to heed this warning. It is so easy to forget what could happen, even with the most experianced drivers. Seat belts are to be worn at all time, unless crossing water.


Our prayers go out to her and her family and hope she has a speedy recovery
V8 Power

You can't expect to be old and wise
if you were never young and crazy
User avatar
sledge101
Junior Member
Junior Member
Posts: 17
Joined: 14 Jul 2009 11:47
Full Name: Monty Wheeler
Nickname: Monty
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Porsche Cayenne
Home Language: Afrikaans

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by sledge101 »

Eish, accidents happen so quickly! :helpsign:

I think that after something like that, you :pray: and thank the Lord!
User avatar
Family_Dog
Senior Member
Senior Member
Posts: 163
Joined: 02 May 2009 20:31
Full Name: Eric Skeen
Nickname: F_D
Home Town: Klerksdorp
Current 4x4: Hilux 2.7i IFS D/C
Hilux 2.2i SFA D/C
Prado 3.4 VX
Home Language: I try to be Fifty/Vyftig
Been thanked: 19 times
Contact:

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Family_Dog »

Thiis was SMS'ed to the Hilux Forum on April 10th:
SMS van Zelna vandag:

"Hi almal, jammer ek was so still maar het so 2 dae bietjie pyn en baie blues gehad. Dinsdag my groot 'over all' gehad. het gesukkel om te focus tot ek gister kon sit en nou is ek in 1ste rat! Maar kan nog goed reverse hoor! Het vanoggend so 20 tree geloop.
Dankie vir al julle Car Bears!!!"
Story & Pics here:
http://www.hilux4x4.co.za/views/viewtop ... 46&t=17815


-F_D

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4

One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, One Gold Fish
User avatar
Abri Hoffman
Patrolman
Patrolman
Posts: 526
Joined: 30 Apr 2009 14:06
Full Name: Abri Hoffman
Nickname: Abri
Home Town: Monument Park
Current 4x4: 2013 FJ Cruiser
Home Language: Afrikaans
Location: Monument Park
Been thanked: 7 times
Contact:

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Abri Hoffman »

Good to hear, could have been so much worse.
2013 FJ Cruiser
"Jack Russel"
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6136
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1125 times
Been thanked: 1036 times

Re: Nog 'n 4x4 rol 300 bergaf

Post by Peter Connan »

Grant said:
We all need to heed this warning. It is so easy to forget what could happen, even with the most experianced drivers. Seat belts are to be worn at all time, unless crossing water.
Us guys in the Y60/GQ's (no idea whther this also applies to the Y61/GY): If you allow your seat belt to retract on a steepish slope, you will not be able to put it on again,beware.

For more info, see my post under Patrol Passion/Other Patrol Stuff

PC
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Post Reply

Return to “26. Techniques”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest