KKNK WegRy
Posted: 15 Mar 2011 08:32
Hello daar
Kyk, ’n man kan ook net soveel kultuur opslurp oor ’n langnaweek op Oudtshoorn en dan móét jy bos toe. Praat jou wederhelf om en ontsnap ’n dag lank van die konsertinas, koeksisters en loslappie-sangers van die KKNK. Kom ry ’n lekker wye draai saam met WegRy Toere op die eksklusiewe Leopard Crossing-4x4-roete deur die lieflike Gamkaberg.
Die roete is spesiaal vir WegRy se lesers aanmekaargeslaan deur die Gamkaberg-reservaat se bekende bewaarder Tom Barry. Ons ry nie net in die reservaat nie, maar ook op die pragtige westelike buurplaas, Uhuru.
Ons vertrek net ná ontbyt uit Oudtshoorn, ry die roete waar ons waarskynlik ’n klompie van die bedreigde bergkwaggas sal sien wat hier voorkom, dalk ’n troppie elande of rooihartbeeste en as ons gelukkig is ’n baie skaars Golden pagoda-protea.
Iewers in die berge sal ons middagete geniet en jy behoort rondom vieruur terug te wees op Oudtshoorn, net betyds om jou skoene te politoer vir die aand se Kurt Darren-konsert…
Kom toer saam en ry veilig!
Gaan na http://www.wegry.co.za/toere/kknk-dagtoer vir meer inligting!
Gerrie