Page 1 of 1
Wes Kaap in die winter
Posted: 23 Feb 2011 15:29
by Aries66
Hallo Al jul Kaapenaars.
Ek is genoodsaak om julle area in die winter te kom besoek, nou wil ek sommer dit 'n 4x4 vakansie maak.
Wat is moet sien en ervaar plekke daar.
Vra nou al sodat ek vroegtuidig my roete kan beplan.
Groete
Louis
Re: Wes Kaap in die winter
Posted: 23 Feb 2011 16:37
by Jules
Hi Louis
Daar is net 2 goed van waarde in die Kaap dit is:
1) Patrol eienaars wat daar bly
2) Brandewyn plase
Verder is dit n mors van tyd

, alle grappies op n stokkie daar is erg baie plekke om te ry hopelik sal die manne jou bietjie rondwys
Shalom
Jules
Re: Wes Kaap in die winter
Posted: 23 Feb 2011 21:58
by Pieter du Toit
Louis
Met daai "attitude" van jou kan ek jou so baie plekke wys en gaan jy so verlief raakop die Kaap jy sal jou vrou en wat nog terug stuur om die meubels t gaan haal en terug te kom hierheen - jy sal nie hier wil weg gaan nie - seriously
So se my waar in die Kaap (area gewys) jy gaan wees en ek sal vir jou n paar plekke noem - Sutherland (+- 250 km van die Kaap self af) is sommer een van die mooi plekke in die winter waar daar baie sneeu val en ook die grootse sterre teleskoop in die suidelike halfrond is. Dit is ook maar net een van daai dinge op n ou se "bucket list".
Praat met ons Kapenaars n ons sal jou n gasvryheid wys wa jy nog nooit ervaar het nie - en dit i wat die Kaap so wonderlik maak. Ja dit is so ons is baie meer "layed back" as julle mense daar is in die beton oerwoud (ek neem aan jy is van Jhb / Pta omgewing) en more is nog n dag hier by ons - alles hoef nie vandag te gebeur nie.
En as jy nou nie te veel van n "attitude" het oor ons Kapenaars nie kan ons selfs n 4x4 outing aanmekaar sit terwyl jy hier is - dan kan jy paar Kaapse Patrol Manne ontmoet en vir die forum vertel wat jy van ons dink!!
Ok genoeg k*k gebyt vir eers.
Ek help met graagte - praat net en ons sal help en aanbevelings doen wat dit vir jou die moeite werd sal maak.
Groete
Re: Wes Kaap in die winter
Posted: 24 Feb 2011 00:39
by Kagiso II
V&A Waterfront
Clifton
Kommetjie
Houtbaai
Sir Louwries Pass
Atlantis Dunes [you need a permit]
Yzerfontein
Velddrift
Saldanha
Laaiplek
Dwrskersbos
Elandsbaai
Hondeklipbaai
Lambertsbaai
The Dunes
en Jopie Kotze se kos in die Springbok Kafee [dit MOET jy doen] (en sĂȘ groete vir die bogger)
Re: Wes Kaap in die winter
Posted: 24 Feb 2011 10:28
by Aries66
Frans
Die "attitude" is die winter ding, maar hoop regtig daar sal sneeu wees die tyd as ons daar is.
Dankie weet nog nie presies waar nie. Dit is die SA Judo kampioenskappe, het nog nie die presiese plek waar dit gaan wees nie.
Regtig die kaapse mense is baie nice. Het gedink om so 'n roete of twee in te kry wat regtig die moeite werd is. Dit moet iets wees wat
ons nie soortgelyk hier bo het nie.
Groete
Louis
Re: Wes Kaap in die winter
Posted: 05 Apr 2011 19:56
by Saltman
Het gedink om so 'n roete of twee in te kry wat regtig die moeite werd is. Dit moet iets wees wat ons nie soortgelyk hier bo het nie.
Hmmmm
Ceres: Matroosberg innie winter in - kans vir sneeu teen daai bergroete maak dit erg interessant!
Aurora (Weskus): Klein Tafelberg - sand en berg, lekker!
Atlantis (Weskus): Atlantis Sandduine - 'n moet vir Valies!
De Doorns: Hexrivier - weet nie of hy nog dieselfde rowwe ene is nie, blykbaar is die plase nou verdeel.
Sederberge: Wupperthal ens - pragtig in die winter en moontlik lekker nat en glad en modderig ...
en wat nog alles ... dit gaan afhang van waar julle gebaseer is - het jy al 'n idee van waar die kampieonskappe gehou gaan word?
Stem saam met Pieter - gee ons 'n idee van julle basis en datums en dan kan ons kyk vir 'n bymekaarkom / roete paartie!
Yip, die kapenaars is altyd gewillig om in te staan vir 'n lekker roete en 'n braai of 'n oornag kuier.
Laat weet
Herbie