Page 6 of 18
Re: Suspension
Posted: 24 Jul 2009 09:36
by KOOS BEST
Gerrit , point taken. My point is , its a good system , with a nice ride.
Koos
Re: Suspension
Posted: 24 Jul 2009 09:53
by Gerrit Loubser
True.
The Defenders also have a very well optimised suspension (for 4x4 use) straight off the showroom floor (probably the best, in fact).
Re: Suspension
Posted: 24 Jul 2009 12:56
by Pieter du Toit
Tjaart,
Baie baie dankie vir al die info - jou moeite en fotos word hoogs waardeer!!!
Ek sal bietjie rondbel en kwotasies kry - ek is baie geinteresseerd in so n stelsel omdat ek baie sleep en swaar laai.
Om jou vraag te antwoord oor waar my pomp sit - volgens die installer word daardie spesifieke pomp onder die water getoets - en word gewaarborg teen waterskade!!!!

So glo my vry - as hy nat word en iets oorkom sal hulle beslis van my hoor - ek is n "maklike" outjie maar kan my "toys" goed gooi wanneer dinge verkeerd loop!!!
Laaste vragie asb - ek sien die ander ouens skryf van die bladders op die Disco 2's kan maklik beskadig word in die "rough" - in jou opinie hoe beskermd is die bladders op die Patrol - as jy nou plekke ry waar daar stokke en stukke takke in die pad sou le - kan jy maklik (soos in baie maklik) skade optel??
Ek sal jou op hoogte hou - en n posting maak wanneer ek my besluit gemaak het.
Groetnis en weereens dankie
Re: Suspension
Posted: 24 Jul 2009 13:12
by Pieter du Toit
Koos,
Net vir interessantheid - my swaer het n Disco 2 en Des met ons vakansie het sy Disco se pomp opgepak!!!!

en nie waar nie - langs die weskus tussen Hondeklipbaai en Spoegrivier Grotte!!!

Dit was omtrent n konsternasie op die stasie se ek vir jou - maar ons het die probleem oorkom deur die pomp se solenoids uit te haal en die Disco toe met die wiel pomp op te pomp. Die probleem is hy is van Pta - dis Des en ons is nog op pad terug Kaap toe!!! - sit langs die see tussen erens en nerens
Lang storie kort - niemand in die kaap kon ons help toe ons hier terug kom nie (28 Des) - alles en almal was toe - dis mos Slaapstad die Des maande!!!!! Die voertuig het die heeltyd opgepomp gebly - en hy moes toe maar so terugry Pta toe. Daar aangekom quote Landrover hom R7000-00 vir n nuwe pomp - eina eish$$$!!!! En hy kan reconditioned pompe kry - teen R4000-00!!!!! Die man was de m.... in!!!!
Sy Landy staan nou nog steeds opgepomp - hy sukkel nou nog om die besluit te maak tussen suspension vervang (wat duurder maar meer reliable gaan wees) - en of hy n ander pomp moet koop!!!
Laat mens maar net wonder ne!!!
Re: Suspension
Posted: 26 Jul 2009 20:35
by KOOS BEST
Pieter se vir jou swaer as hy n Landy ry is daar ouens in Gauteng en Dbn wat onderdele (egte) invoer en beskikbaar het vir ongeveer n derde van die prys vanaf die agente. Hulle kan omtrent alles kry, om sy Landie te onderhou teen n fraksie van die prys wat ons vir Nissan onderdele sal betaal.
Net vir interesantheid.
Ek het nou onlangs n geleentheid gehad om met n nuwe GL 320 CDI M/Benz mee n bietjie te ry, jy moet daai ding se bladders sien, lyk omternt 3 maal groter as n Disco s,n , het op al vier wiele en jy kan dit voor en agter afsonderlik lig, en kan hy lig ,jy hoor sommer die groot hoeveelheid lig hoe dit verplaas word. Ek het nie hoogtes nie maar lyk soos omtrent 300mm plus. Dit is n massiewe motor binne , die Troll voel klein as jy terug klim. Pieter ek kan net dink as die BENZ se bladders vervang moet word wat mens sal betaal, en never mind die Cruiser 200,s, seker meer as die BENZ.
Groetnis
Koos
Re: Suspension
Posted: 26 Jul 2009 21:46
by Pieter du Toit
Koos,
Ja nee lekker speelgoed maar duur speelgoed. Die spreekwoord se mos "boys and their toys"!!! Mans sal altys speelgoed he - dit raak net so bietjie duurder soos wat ons groter raak ne!!!
Daai ouens wat jy na verwys wat die onderdele invoer - het jy name / kontak telefoon nommers - ek sal dit graag vir hom wil deurgee - miskien weet hy nie van hulle nie.
Dankie
Re: Suspension
Posted: 27 Jul 2009 13:37
by Tjaart
PJ
Ek ry in die bosveld en in riviere. Daar is baie dorings en takke en goed wat uitsteek. Ek het nog niks probleme opgetel nie. Ek dink die Patrol se coils is op so 'n plek dat daar nie maklik iets kan bykom nie. En dan weer, jy het nog jou coils in, hulle gaan nerens nie. So jy sal nog 'n suspension he. Kan nie glo wat ek lees van die LR Disco nie. Ek het al gesien hoe min werd 'n air suspension is op 'n LR Disco 3. Geen maar geen travel as die ding opgeblaas is nie. En soos jy dan self se, as jy 'n puncture kry, is jou vakansie verby. Nie die geval met die Patrol nie.
Ten minste het jy 'n Patrol. Dis die beste geld wat jy kon spandeer!!

Re: Suspension
Posted: 27 Jul 2009 18:54
by KOOS BEST
Pieter het jou n PM gestuur.
Koos
Re: Suspension
Posted: 28 Jul 2009 16:10
by Pieter du Toit
Tjaart (en Koos)
Dankie Koos pm gekry - sal die nodige doen.
Tjaart my "mind" is opgemaak en my kar gaan volgende Maandag in vir die airlifts!! Ek het nog net positiewe terugvoer oor die goed gekry en het ook n goeie deal gekry - kan nie so n kans laat verby glip nie!!
Ek doen so n klein bietjie van ander installasie - ek kry n drukmeter binne met n toggle switch wat kan omskakel tussen elke sak - dus kan ek elke sak opblaas (met die arb kompressor wat reeds in is) met die druk van n knoppie - en weer afblaas met die druk van dieselfde knoppie. Die drukmeter is BAIE akuraat en gee vir jou n lesing op elke sak as jy die toggle flip!! Die sakke word apart gedoen en nie connect met mekaar nie. Ek is baie EXCITED en kan nie wag om my kar terug te kry nie.
Maak enigeiets vir jou sin wat ek nou hier gese het??
Will keep ypu posted!!!!
Re: Suspension
Posted: 28 Jul 2009 16:35
by KOOS BEST
Wat is die koste ?
Kan mens so iets doen ipv n n onderstel opgradering of nie. Maw al wat ek soek is baie beter grond padhouvermoe, of moet mens eers OME, IRONMAN ENS installeer?
OME kos nou R13 000.00
Iron man nou so R 8 000.00
Koni shocks met Dobinsons Coils so R 9 600.00
Koos