Pieter
Geen probleem nie. Ek sal antwoord uit my ondervinding uit met die Airlifts:
1: Mens kry airlifts vir voor en agter op die Patrol.
2: My Airlifts se hoofdoel is om die voertuig uit te level onder swaar lading. Ek gebruik dit nie vir ekstra ground clearance nie.
3: Die airlift bladder vat rerig BAIE MIN LUG. Ek was verbaas hoe effektief dit is. Letterlik 'n sekonde of twee opgeblaas, en ek kan die voertuig sien oplig na waterpas / level. Die airlift se min druk is 0.5 bar. Ek hou myne ongelaai, op 0.6. Maksimum is 4 bar. Maar dan is dit onder uiterste lading of as jy 'n moerse karavaan sleep. Ek sal bang wees om dit met die ingeboude kompressor op te blaas, want mens moet die druk meet, sodat daar nie te veel lug ingeblaas word nie. Dit kan dalk die bladder beskadig. Tensy mens dit so tube dat jy 'n druk meter het wat wys hoe styf elke bladder is. Maar dis nie prakties nie. Ek pomp myne met die gewone pompie op. Die airlifts is apart gekoppel, elkeen met sy eie vlave op die bumper agter, waar dit nie beskadig kan word nie.

- Airlift valves.JPG (151.83 KiB) Viewed 11483 times
. Die rede hiervoor is as volg: As die tubes inter connected was, en jy gaan om 'n draai, druk die lug van een bladder na 'n ander. Wat dan die doel van die bladder vernul. Jy wil juis he hy moet sy druk behou en die suspension op hou. Daar is ouens wat dit nie verstaan nie. So, as jy 4 bladders het, sal jy elkeen apart tube, en apart opblaas. LET WEL: die is nie 'n airlfit suspension soos Disco 3 of LC 200 nie!!! Jy druk nie 'n knoppie en die kar tel op soos spinnekop nie!!! Jy kan egter die bladders so tube dat hulle almal op een sentrale punt uitkom waar jy maklik met jou pomp en hose kan bykom. Jy het dus nie 'n aparte kompressor nodig nie. Net 'n hose met 'n quick coupler en valve connector.

- Photo-0187.jpg (61.07 KiB) Viewed 11483 times
4: Die airlift help baie as die voertuig swaar gelaai, want dit ondersteun jou coils. So, as jy om 'n draai gaan, keer hulle body roll baie beter as sonder dit.
5: Die airlfit geen nie addisionele hoogte nie.
6:EK het 'n hose laat opmaak met 'n quick coupler eenkant en 'n hose valve aan die ander, dis lank genoeg vir al die wiele. Kyk onder die thread Patrol Mods. Daar sal jy sien waar ek my pomp gesit het.
Neet een ding. Daai kompressor agter die bumper voor. Kan hy maar nat raak en onder die water beland? Ek weet van 'n ou wat se kompressor nat geraak het en gebreek het. Ook 'n ARB. Maar dalk was dit omdat hy aan 'n land rover was....
Ek hoop die inligting help. As ek k#k praat, help my asb tog reg!!!
