Page 4 of 4

Re: Patrol back to life

Posted: 10 Apr 2010 22:40
by Pieter du Toit
Stefan

Hier's my post oor my egt http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=53&t=363 - hier sal jy sien waar Frans my Madman gemount het.

Ek wou myne ook graag daar regs bo gehad het - maar ons kon nie n vierkantige pothouer kry waarin die Madman sou pas nie - so dit was my next best option. Maar dit sit eintlik op n lekker plek ook - jy hoef nie heeltyd daarna te kyk nie want die Madman het alarms wat jy stel om aftegaan - so hy waarsku jou as jy die gevaarsones bereik. En natuurlik het die Madman monitor multi funksies ook. Die gewone meters (soos wat Frans in het) is baie goedkoper maar jy moet dit plaas waar jy dit kan sien aangesien dit nie alarm funksies het nie. En jy moet n afsonderlike meter he vir boost, egt, olie druk, water temperatuur ens. Dit kan als gelyktydig deur die Madman gemonitor word. Ek hou weer van die alarm funksies want n ou se gedagtes begin dwaal op die pad en dan kan jy vergeet om daai monitors dop te hou - en in die gevaarsone ingaan sonder dat jy dit weet of besef.

My :mytwocents:

Re: Patrol back to life

Posted: 11 Apr 2010 07:31
by KOOS BEST
Stefan wrote:
PS. my 3.0 het nou 165000km op, dink jy dit is die moeite werd om nog 'n EGT in te sit?
Stefan, doen dit , miskien het jou voertuig geen hitte stress skade tot nou toe en miskien kry jy nog 100 000km + uit jou Patrol. Absoluut die moeite en geld werd. Die ander kant van die storie is , dit kan jy van voertuig na voertuig oordra ,ek ry al jare met dieselfde bybehore van een na die ander. O ja dit sal jou styl van n diesel bestuur verander na goede ook.
Nog n ding Stefan, doen soos wat die Ozzies se , verander jou olie klok slag elke 5000km en nie 10 000km nie. Was jou intercooler uit, kyk na jou MAF vir olie kontaminasie en hou daai enjin se lewensare skoon soos genoem. Wanneer laas is jou verkoelingstelsel gedreineer en nuwe anti freeze ans ingesit?

Groetnis

Re: Patrol back to life

Posted: 11 Apr 2010 08:59
by tour de frans
Ditto Koos,Stefan jy kan nie verkeerd gaan wat Koos gese het nie. :thumbup:

Re: Patrol back to life

Posted: 13 Apr 2010 15:40
by Stefan
Fantasties, dankie manne.

As ek nie 'n houer kry nie, gaan ek dat 'n engineering shop vir my een uit aluminium maak. Ek wil graag later vir my 'n double DIN AV eenheid laat insit so die enigste ander opsie is die EMS1 wat dan onder tussen die sigaret aansteker en die ewenaar-slot skakelaar gemonteer moet word. Ek is nie meganies genoeg aangelê nie, dus probeer ek maar 'n quote by R&D offroad kry.

Waar het jy jou eenheid gekoop Pieter? Watter sensors was ingesluit? (indien enige)

Re: Patrol back to life

Posted: 13 Apr 2010 23:19
by Pieter du Toit
Stefan,

Ek het die EMS monitor en EGT probe by L&R Services in Montagu Gardens gekoop - hulle stock die EMS 1 en 2.

Groete

Re: Patrol back to life

Posted: 14 Apr 2010 12:25
by Stefan
Fantasties. Dankie

Re: Patrol back to life

Posted: 20 Apr 2010 12:32
by Jules
:woo:
Hallo Frans, nou ja ek het die MIGHTY MACHINE van Frans by MIGHTY MENS CONFERENCE gesien en wou nie glo toe hy vir my sê hoe sy lorrie gelyk het toe hy hom gekoop het nie. AWESOME, MAGNIFICENT enige Patrol man se droom met allerande lekka goedtjies wat dinge sommer lekka maak oppie langpad, en daardie MUSIC SYSTEM :woo: . As die klank by MMC opgepak het sou ek vir Angus gesê het hy moet net daardie Patrol oppie stage getrek het en deur daardie speakers gepraat het en problem solved.

Lekker gewees om mede Patrol manne by MMC te ontmoet, Frans, Pieter en Hermi

Groete
Jules

Re: Patrol back to life

Posted: 21 Apr 2010 14:15
by tour de frans
Hallo Jules,Dit was n voorreg om jou te ontmoet. :clap:
Dis jammer ons kon nie oom Mack ontmoet nie,die manne magdom het ons oorval,met die tyd.
Terloops ons het net oor die 6uur gery van die plaas tot op Harrysmith. :doh: Sal later n foto post.
Jy moet bel as jy Stellenbosh se kant toe kom.
Groete
Frans

Re: Patrol back to life

Posted: 17 Jun 2010 22:35
by Pieter du Toit
[quote="Stefan"]Thanks man. Ek is op soek na 'n "houer" wat Madman se EMS2 eenheid kan vat

Stefan het jy toe al jou EMS 2 ingesit??