Page 4 of 7
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 11 Feb 2010 13:12
by JohnBoyZA
Ek het nog nerens gery waar ek meer as die 135L plus 2 gerry-kanne se brandstof (totaal 175L)
Kaokoland met 135l en 2 x 25l plastic Jerries agter die seat, en dit was nie genoeg nie. Maar ja, die 4.8 was dors :-)
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 11 Feb 2010 13:47
by Sias
So ek behoort met 180l en 2 of 3 jerrykanne redelik vêr te kom?
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 11 Feb 2010 22:01
by Pieter du Toit
SSSOOORRRYYY ALMAL
Die blondie was toe verkeerd - dit is 95 main en 40 sub!!

Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 11 Feb 2010 22:37
by Saltman
Over-geset-synde......Ek het nog nerens gery waar ek meer as die 135L plus 2 gerry-kanne se brandstof (totaal 175L) nodig gehad het nie...en ek het al redelik wyd in Afrika rondgery. Ek glo dat deeglike beplanning en selfs 4 kanne my orals gaan bring waar oom Kingsly ook al was.
Dis nie net die beplanning wat die probleem is nie!
Ek het my brandstof spreadsheet klaar uitgewerk vir Junie-Julie, en dis daai "what if" wat die probleempiie verskaf.
Met die ryslag Kenia toe is daar selde plekke gewees waar ons meer as 750 km moes ry sonder dat daar hervul punte was. So ja beplanning is die grondslag. Maar as jy die dag daar opdaag en hulle se vir jou: "Sorry, no fuel - maybe next week", dan moet jy kan aanstoot tot by die volgende punt.
Maar nou ry ek met 5 mense in die motor en ons sleep 'n Trailvan vir 9 dae in sand en/of modder sonder enige aanvulpunte. As gevolg van die dorstigheid van die 4.8 moet ek nou 'n dakrak opsit en ten minste 2 jerrykanne saamry. Dis nou bo en behalwe die 2 jerrykanne agterop die trailvan. Kry ons die wind van voor soos John in Kaokoland, is 175 liter beslis nie genoeg nie! Om die waarheid te se, ek begroot vir 215 liter. (plus ek moet waarskynlik nog 2 ekstra jerrykanne saamry vir die auto cruiser)!
Dis nou onder sulke omstandighede wat die 140+40 = 180 liter van die groter hooftenk handig te pas kom!
Wat is julle ondervinding met dakrakke - wat se verskil maak dit aan die verbruik as ek 120 km/h op my GPS ry? 0,5 tot 1km/l swaarder of is daar nie werklik 'n verskil nie? 'n baksteen bly mos maar 'n baksteen ...
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 11 Feb 2010 22:57
by Pieter du Toit
Saltman,
Dakrakke maak nie groot verskille nie - afhangende van hoe dit gelaai is bygese!! Vra maar vir Frans ook - hy het Des my dakrak gebruik vir sy trip Namibia toe - en hy wou aanvanklik eers niks weet nie juis oor "top heavy" en brandstof verbruik.
As jy slim pak / laai en nie groot goed met plat oppervlaktes kierts regop laat staan nie kan jy ver kom - hier is 2 fotos van hoe my en my swaer se dakrakke gelyk het met ons Richtersveld trip. En dit het geen
merkwaardige verskil aan ons algehele brandstof verbruik gemaak nie. Onthou ook - baie belangrik - elke dakrak het gewig spesifikasies van wat hy kan dra - ek het n aluminium dakrak en kortetjie - dit is maar n 150kg dakrak en sluit die dakrak se gewig in. Ek is in elk geval maar versigtig vir mens se voertuig te "top heavy" maak.
My swaer het meer goed op sy dakrak gehad - syne is uit staal gebou en het n beter dra vermoe
My

Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 19 Apr 2010 10:20
by Sias
My 5 maande oue 140l longrage tenk het gekraak!! Ek het by Union's End in die Kgalagadi gesien iets stroom onder die kar uit - dit was petrol! Daar is 'n skeur van omtrent 2cm op die een las en aan die onderkant is daar omtrent 5 plekke waar dit lyk of die staal deur-"geroes" het en die petrol deurlek. Pratley Steel het die ding gedoen, maar hy gaan Donderdag terug dat hulle kan kyk wat hulle moet doen. Sal later foto's aanheg...
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 19 Apr 2010 10:38
by Herrie
Kgalagadi is nie goed vir 'n stainless steel tank nie

Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 22 Apr 2010 14:17
by Sias
Patrol staan by Safari Centre in Pta Oos. Tenk is uit en teruggestuur na die fabriek. Sal die kar dalk die naweek weer terugkry.
Die "roes" kolle is blykbaar op die punte waar die "baffle plates" aan die binnekant vasgesweis is.
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 22 Apr 2010 15:03
by JG Shields
Sias,
Is dit nog die oorspronklike tenks vir die GU? Indien wel, en jy kom nie reg nie, ek sit met 'n ekstra stel tenks wat niks makeer nie. Ek is in Faerie Glen Pta.
JG Shields
083 279 2717
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 24 Apr 2010 03:07
by Kagiso II
Kan mens 'n petroltenk vanaf 'n andre ryding aanwend aws DIESEL tenk op Skankwan en Agaropb ?? Daar is twee holtes onner hulle se pense wat petrol kan stoor ... nou bly vraag, assik ou petroltenk kry, kannik diesel daa ingooi? Vir langtremyn ?