Page 3 of 4

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 10 Dec 2009 13:41
by Jules
Excellent geniet die CD, Copy hom op jou PC en sny nog n CD. Daar is n paar manne daar op die Rand wat hom soek

Groete
Jules

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 10 Dec 2009 17:39
by duckitt
Ja julle moet maar mooi kyk want ek het amper my skilpad in sy !@@#$%%^^& gery as gevolg van gekraakte rims (3 ) kon nooit agter kom hoekom ek permanet met half pap wiele gesit het nie, dit lyk my dit is maar hulle moeilikheid. :mytwocents:

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 14 Dec 2009 13:33
by Les
Jules wrote:...Copy hom op jou PC en sny nog n CD. Daar is n paar manne daar op die Rand wat hom soek
Maak so

Jy het nie dalk nog die "brackets" soos hieronder aangedui (middelste twee. Het by Nardus navraag gedoen maar hy het dit nie meer nie:
patrol buffer.png
patrol buffer.png (476.16 KiB) Viewed 2028 times
duckett
Probeer eis van NIssan. Hulle het destyds al vyf vervang...

beste

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 14 Dec 2009 15:01
by Jules
Sorry Les, maar ek het geen brackets of enige iets van die bumper wat afgehaal is nie alles was by 4x4 Megaworld, sal bietjie navraag doen as ek daar kom

Groete
Jules

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 14 Dec 2009 17:28
by Les
Dankie, Jules.
GQ parte raak al skaarsers.

beste

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 03 Jan 2011 09:38
by Jules
More Les

Goed om te ontmoet innie Pilanesberge, sal as ek by die huis is n fototjie van ons twee Lorries plaas, hoop jul het n lekka tydtjie gehad, ons het die Luiperd toe net net gesien sal n fototjie van die een kleintjie plaas

Shalom
Jules

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 03 Jan 2011 12:46
by Les
Goed om jou ook in lewende lywe te sien! Lyk my dis nie net (skaars) diere wat mens in wildparke raakloop nie. 'n Foto sal gaaf wees. Dis nou voorwaar 'n rare verskynsel.
Die volgende dag die luiperd ook in al sy glorie gesien: mooi op die kliplys gelĂȘ en "pose". Een van die kykers aldaar het te vertelle dat daar net 61 luiperds in die Kruger is!
Ons is toe Sondag middag terug na die "oerwoud". Hoop jou klits het gehou. Toe al die pad in 4de gery? Petrol is maar duur...
Beste vir jou en gesin vir 2011

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 15 Feb 2011 10:46
by Jules
My en Les se lorries innie Pilanesberge, lekka gewees om nog n groen lorrie daar te sien
Les se Patrol links, Jules regs
Les se Patrol links, Jules regs
DSC07364.JPG (74.06 KiB) Viewed 1994 times
Jules links met High Lift jack op wiel, Les regs
Jules links met High Lift jack op wiel, Les regs
DSC07366.JPG (67.86 KiB) Viewed 1994 times
Luiperd welpie wens ek kon ook die groot Mammie gesien het
Luiperd welpie wens ek kon ook die groot Mammie gesien het
DSC07356.JPG (66.57 KiB) Viewed 1994 times
Sal maar weer moet gaan om die groot Luiperds te sien daar darem mooi leeu shots gekry, net om n idee te gee die welpie is met n 600mm lens geneem wat op n digitale kamera met n 1.5x vergroting werk dus 900mm , jammer die outjie was so skugter

Shalom
Jules

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 16 Feb 2011 04:04
by Les
Sukkel om 'n foto van die wyfie geplaas te kry.
Het nie die welpies gesien nie- daar's blykbaar twee.


Les

NS Die plasings moet seker nou na 'n ander deel v/d forum verskuif...

Re: Patrol '95 Bumper (voor)

Posted: 16 Feb 2011 08:22
by Jules
Les jy kan sommer maar hier plaas kan wees dat foto te groot is as jy Outlook Express gebruik en jy epos die foto vir jou self kan jy die opsie kies dat hy kleiner gestuur word en Bob is your Uncle.

Shalom