Page 12 of 12

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 13 Apr 2022 06:59
by ces
Dagsê almal,

Soos belowe, bietjie syfers...

Eerstens het ek 'n versnellingstoets gedoen - 1, 2, 3, 4de soos wanneer mens haastig is. Met my vorige turbo, het die EGT alarm geskree voor ek 100km/h in 4de gehaal het. Hierdie keer het die temps ongeveer op 550 gepiek @ 100km/h.
Wanneer ek normaal ry, cruise in 5de @ 120km/h, bly die EGTs as 'n reel onder 400, en die water onder 80 C.

Verder het ek 'n paar keer my swaar beeswa gesleep (sien foto bo in thread).
Die turbo is lekker 'responsive', met oorgenoeg krag vir die swaar vrag (van min of meer 1500revs).
Hierdie syfers is in 4de @ 105km/h, 2750 revs, teerpad met effense bulte, afstand 20km...

Vol gelaai (+-2000kg totaal)
EGT maks 550
Water maks 96
Teen sterk dwarswind in het EGTs by 580 gedraai.

Leeg (+- 800kg)
EGT maks 500
Water maks 94

Die bottelnek in die setup is die top mounted intercooler, soos verwag (dieselfde as in die 4.2td bakkies). Die nuwe turbo (GTX 2860) het die temperature as volg afgebring -
Daaglikse gebruik:
EGT 20%, water temps 15%.
Swaar sleep:
EGT 10%, water 5%.
Ek glo dat die nuwe set up lekker karavaan sal sleep, meer krag, met minder oog op die MADMAN as met die ou turbo.

Thanks Michael.

Mooi bly,
Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 18 Apr 2022 12:24
by ces
Dagsê,

Ek het verlede week die eerste keer vol gemaak na Jasper terug is.

Dieselverbruik:
6km/l (met 6% aanpassing vir werklik vs speedo lesing)

Bestuurskondisies:
1/3 lang pad @ 120km/h
1/3 swaar beeswa sleep 2 105km/h in 4de
1/6 stad/dorp
1/6 4x4 op baie nat plaas

Dit het my weer laat dink aan die werklike koste om so 'n voertuig te besit. Hier is my benaderde som vir die 5.5 jaar wat ek my Patrol ry...

Aankoopprys: R130,000
Verskeie opgraderings en groot "TLC" werk: R100,000
Dienste, bande, remme, skokbrekers: R60,000
Diesel (47,000km @ 6km/l x R17): R133,000

TOTAAL: R423,000 / 47,000km = R9/km

(Ek is konserwatief met die brandstofverbruik, doen eintlik bietjie beter. Die prys is ongeveer die gemiddeld by die pomp vir die laaste 5 jaar. Omdat ek plaas diesel gooi, is my koste hier ook heelwat laer.)

Die groot voordeel is dat ek selfs na al die opgraderings en 5 jaar se dienste, steeds onder R300,000 aan die kar spandeer het (sonder diesel). Maak daai som teen 'n ander kar wat dieselfde werk kan doen, dan gooi ek graag die diesel! (En ek ry wat ek graag wil ry :woo: )

Vandag het twee dinge gebeur wat nogal :salute: is...

Eerstens, ek het besef wat die voordeel van 'n een-draad kar is. Jasper het skielik begin krag verloor wanneer ek versnel. Na ek en Michael gepraat het, het ek gou geloer, en die draad gevind wat los was (oppad solenoid toe). Diep teruggedruk in die plug in, en "whalla!", alles reg. My volgende opgradering is 'n nuwe konneksie :wink: .


Ook, ek reken Jasper is nou mooi groot! (of dan goed ingeloop as jy wil!) 333,333km and counting :thumbup:


Mooi bly, en geniet hom!

Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 18 Apr 2022 17:10
by ces
Op die koste / km, die volgende… eintlik moet mens die som maak nadat jy die waarde van jou bate afgetrek het (of so dink ek). Ek reken my Patrol is vandag R190,000 werd.

Dit maak die som
R233,000 / 47,000km = R5/km

Nog iets wat uitstaan, is dat die kar in 5.5 jaar se tyd geen waarde verloor het nie.
My aankoopprys + eerste opgraderings (enjin turbo intercoller, paneelkloppers om jump seats terug te sit) =
R130,000 + R60,000 = R190,000

Lekker man!

Patrol diesel power😀

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 18 Apr 2022 19:38
by ces
Sommer net vir interessantheid, omdat ek self nuuskierig was...

My vrou ry 'n 2012 VW Touareg. Lovely kar. 11km/l mixed cycle (3l diesel outo).

Mens se instink sê dat die kar heelwat goedkoper as die Patrol sal loop, a.g.v. die dieselverbruik. Hy is goedkoper, maar volgens hierdie som, nie so veel nie!

Aankoopprys 2019 = R370,000
Dienste, bande, remme, skokbrekers = R90,000
Herstelwerk = 0
km afgelê = 75,000

Waarde tans = R260,000

Gemiddelde brandstofprys vir die 3 jaar = R18/l

R370k + R90k - R260k = R200,000
Brandstof = 75,000/11xR18 = R123,000

Totaal = R323,000 / 75,000km = R4,30/km

(Beide my Patrol en my Touareg word by agentskappe gediens. Hierdie is nie presiese syfers nie, maar tog redelik akkuraat.)

Mooi bly!