Dankie Ross,ek sien uit om jou ook te ontmoet.
Ek sal graag met jou praat oor turbo setup en brandstof verbruik....Ek krap geduurig aan my kar,soek altyd meer en beter,dit hou nie op nie.Ek is besig om die intercooler na bo te skuif,of altans ek gaan dit doen sodra ek n scoop kry.My turbo verander ek ook gereeld,nie vir breke nie maar vir die regte boost op die regte tyd.Dit klink snaaks maar ek wil he ,hoe die turbo moet boost en dit werk nie altyd so nie.Ek verander die "impellers" om die boost te maak werk waar ek wil.Ek het darm nog nie agteruit geboer nie,want ek het dieselfde krag met die helfte minder boost.Ek moet ook net se ,die kar het boost verloor met die intercooler.Die pype loop n lang pad van die turbo na die cooler terug enjin toe.
Ek het ook al die 3de exhaust sisteem op,Die krag en klank moet saam loop,sonder om te raas.
Ek hoop vir die kar om soos n "normal aspirated"kar te ry na die cooler se skyf en turbo veranderinge.Wat ek daarmee bedoel is ,daar moet geen turbolag wees nie.Ek weet daar sal altyd wees maar hou dit so laag met die toere as moontlik.
Baie manne se as hy die petrol trap dan gaan sy kar goed,ek wil die petrol trap dan is hy al klaar daar.
Anyway.....
Groete
Frans