Page 2 of 7
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 05 Feb 2010 07:58
by Sias
Julle manne maak my nou bekommerd want ek het in November my 140l tenk laat insit!
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 05 Feb 2010 08:55
by JG Shields
Julle kan maar in gedagte hou dat ek met 'n stel Patrol tenks in my stoor sit, pompe en al. Dit was die diesel tenks wat ek omgeruil het met die 4.8 se petrol tenks.
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 05 Feb 2010 09:01
by tour de frans
Hallo almal,ek het baie jare terug,nog my trok dae,in Windhoek gestaan by die truckstop.My trok se diesel tenk of liewer sy langafstand tenk het n lek gehad reg onder sy pens.Dit was n 1000L tenk en hy was vol.Die diesel het uit die tenk uitgeloop soos n oop kraan,so erg die truckstop eienaar het my weggejaag.Waarheen moes ek gaan ek kan nie op die pad mors nie....
Ek het met n lap en die trok se bottle jack die gat toe gedruk,tot ek hulp kon kry.
n Ou drywer kom na my en gee my die volgende raad.Ek het dit nog bietjiedag gebruik dit werk uitstekend,vir lopende lekasies.Dit kan ook enige tipe vloeistof wees.
Ek wou nie eers dit glo nie maar glo my dit werk.
Sunlight seep en suiker.Dis nou daai ou lang blokke seep.Ek het by die truckstop winkel seep en suiker gaan koop.Daar is nie eintlik n meng formule nie,solank die seep en suiker goed gemeng is.
Ek het die jack weggevat en deur die stromende diesel die seep en suiker mengsel begin aan smeer.Die lek het met elke smeer slag minder geword tot dit ophou.
Ek het die drywer bedank en my skoongemaak,die diesel het letterlik my rug afgeloop,en in die pad geval Kaap toe.
By die huis wou ek die seep af haal en die tenk sweis,ek kon nie,na ek met n grinder begin werk toe besef ek,los die goed op.Nou ja daai trok het jare geloop met seep op sy tenk.
Groete
Frans
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 05 Feb 2010 09:03
by tour de frans
Hallo JG,hoeveel liters is jou tenke?
Groete
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 08 Feb 2010 18:13
by Ross
Ja, I can vouch for Frans's sunlight soap trick!
Back in 2005 I got a leak in the petrol tank of my Sani in the middle of the Kalahari. I had read about the soap trick somewhere, so decided to give it a go, as otherwise my tank would have been empty over-night. My variation was to mix shavings from the sunlight soap bar, with some of the fine Kalahari dust that accumulates along the back window of the vehicle, and around the wheel rims. Mixed this into a putty consistency, and it worked like a charm. It sealed the leak all the way back until Cape Town, and for a few months until I replaced the tank!!!
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 09 Feb 2010 00:02
by Pieter du Toit
JG,
Is dit nou die standaard 90l en 45l tenks wat jy van praat??
Ek en Frans wil albei vir ons nog n groter tenk insit - die 45l subtenk is maar net te klein. Veral vir daardie Luderitz to Walvis tipe van trips!!
Twee 90's sal nogal lekker werk - hoop net daar is plek onder die kar se pens!!
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 09 Feb 2010 00:05
by Pieter du Toit
Sias wrote:Julle manne maak my nou bekommerd want ek het in November my 140l tenk laat insit!
Sias het jy jou 90l vervang met n 140l of het jy die 140l bygesit?? En het jy ook die 45l subtenk op jou voertuig??
Gee bietjie inligting asb - en as jy kan foto of 2
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 09 Feb 2010 06:41
by JG Shields
Frans & Pieter,
Ja, dis die standaard 95 + 40 tenks.
Groete
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 09 Feb 2010 13:38
by Sias
Pieter
Ek het die 90l tenk vervang met 'n 140l tenk by Safari Centre 4X4 op Hans Strijdom in Pta.
Ek het nog die 45 l subtenk ook, so ek vat 185l. Dit gee my 'n teoretiese rykafstand van 1015km teen 5.5mk/l.
Op die twee foto's kan jy sien hoe vêr die tenk verder uitsteek as die standaard een en hoe die tenk van naderby lyk.

- die tenk steek bietjie verder uit as die standaard
- DSCN0299.JPG (200.68 KiB) Viewed 2023 times
Ek het al redelik grondpad gery met die slegste pad na Witsand waar my vulsels letterlik uit my tande geskud het. Na die pad het die kar na petrol geruik maar daar was geen lekke op die tenk nie.
Ek het ook al bietjie gaan "off-road" en die tenk verander niks aan die vertrek hoek van die kar nie - dan moet ek darem bysê dat die kar 2" gelig is op OME.
Re: Long Range Fuel Tank
Posted: 09 Feb 2010 20:38
by Herrie
Sub-tenk 45 liter???? As ek myne leeg maak en by die garage vol maak vat hy net 37 liter weet nie waar die ander 8 liter wegkruip nie!