Page 2 of 4
Re: Dyno results
Posted: 18 Sep 2009 09:18
by tour de frans
Jy kan n "chippie" op jou voorruit ook kry met Cornelius wat voor jou gaan ry

Re: Dyno results
Posted: 18 Sep 2009 09:20
by tour de frans
Baie mooi Cornelius,Geniet hom en laat weet die performance en verbruik.
Groete
Re: Dyno results
Posted: 18 Sep 2009 14:09
by Patrol4.8
Abri Hoffman wrote:Baie interresant dat jy teen 2000rpm meer as 400nm het en dit dan afkom en eers by 3500rpm weer daar uitkom. Sal lekker offroad wees maar wat sal die effek op die pad en brandstofverbruik wees.
Ek sleep my wa teen 120km/h dws 2400rpm waarteen daar nog steeds meer as 400nm beskikbaar is.
Dit neem my maar lank om 'n tenk pertrol uit te ry, so ons sal maar lank moet wag vir die petrolverbruik syfers.
'n Ander, groter probleem is die klank wat 'n mens aanspoor om die lepel dieper te trap.

Re: Dyno results
Posted: 20 Sep 2009 08:07
by Saltman
Soos G-man sal se: WOOHOO!
Ek het per toeval gistermiddag gou by Frans 'n draai gaan maak en toe is Cornelius en sy wa ook daar.
Natuurlik moes ons eers vir 'n spin gaan ... Dit klink pragtig - net genoeg brul as die vensters oop is, sonder om te dreun en die kar trek soos 'n stoomtrein van idle af tot by die rooilyn! Impressive!!! Ons sal maar moet wag vir die verbruiksyfers, want daai eerste tenk gaan nie punte tel nie ... daarvoor word die veranderinge nog te veel geniet, of wat praat ek alles Cornelius!
Op 'n ernstiger noot, Cornelius, miskien moet jy vir ons laat weet wat is daai eerste tenk se verbruik, want dit is dan waarskynlik 'n goeie aanduiding van wat ons offroad kan verwag?
Lekker speel!
Herbie
Re: Dyno results
Posted: 20 Sep 2009 08:28
by Patrol4.8
Ons sal maar moet wag vir die verbruiksyfers, want daai eerste tenk gaan nie punte tel nie ... daarvoor word die veranderinge nog te veel geniet, of wat praat ek alles Cornelius!
Sjoe ek wonder hoe lank sal dit neem voor ek gewoond is aan die klank

seker nooit
Op 'n ernstiger noot, Cornelius, miskien moet jy vir ons laat weet wat is daai eerste tenk se verbruik, want dit is dan waarskynlik 'n goeie aanduiding van wat ons offroad kan verwag?
Ek weet nie hoe ver ek op die tenk gery het nie, ek volg die laaste tyd maar G-MAN se raad om nie die verbruik toets nie.

Dan voel dit darem beter.
Ek gaan volgende naweek Onrus toe met die sleewa agter, dan sal ek maandag laat weet wat die petrol verbruik was.

Re: Dyno results
Posted: 01 Oct 2009 00:02
by Abri Hoffman
Cornelius, het jy toe al volgemaak? Nuuskierig om te sien wat jou verbruik is.
Re: Dyno results
Posted: 01 Oct 2009 07:29
by Patrol4.8
Abri Hoffman wrote:Cornelius, het jy toe al volgemaak? Nuuskierig om te sien wat jou verbruik is.
Nee Abri ek was toe nie Onrus toe nie agv die weer, maar ek gaan wel die naweek Sederberge toe sonder die sleepwa.
Sal oppad terug in Porterville volmaak en sodagaand laat wat die verbruik was.

Re: Dyno results
Posted: 01 Oct 2009 08:14
by Abri Hoffman
Dankie Cornelius, sien uit na die resultate
Re: Dyno results
Posted: 12 Jun 2011 14:03
by Kagiso II
Simba se chippes stel teleur inni laaste tyd - ek smaak deesdae Willards en McCain
Nou is ek ook jaloers - jy sal my nou maklik ompraat om daai roete te gaan van v8 inprop

Re: Dyno results
Posted: 14 Jun 2011 10:29
by Sias
hoe kry ek 'n PDF gelaai, of moet ek hom eers omskakel na iets anders? Ek wil die V8 se dyno resultate opsit...
OK, ek het reggekom!
Eerste een is van die Patrol:

- 109.5Kw op die wiele by 3200 RPM
- Patrol V8.JPG (177.04 KiB) Viewed 1937 times
Let daarop dat die grafiek net tot by 3000 rpm gaan...
Dit vergelyk met die Chev Lumina:

- 125kW op die wiele by 3200 RPM
- Lumina.JPG (310.77 KiB) Viewed 1937 times
Met die Jeep SRT 8:

- 120kW op die wiele by 3200RPM
- Jeep SRT 8.JPG (301.27 KiB) Viewed 1937 times
En die Chrysler 300C:

- 120kW op die wiele by 3200RPM
- Chrysler300C.JPG (231.75 KiB) Viewed 1937 times
Kommentaar?
Ek dink daaraan om my ratverhoudings korter te maak want as ek hom hard druk, haal ek 90km/h in 1ste rat.