Soutie
Ek hoop jy het al nader beweeg aand die Patrolland.... Moer lekker hier hoor!!
In antwoord op jou vrae:
1: Die Airlift is Firestones. Ek weet nie wie nog maak nie. Hulle werk baie goed. Sonder vrag 0.5bar. Gelaai pomp ek hulle 1.2 - 1.4bar. Dis meer as genoeg en dan is hulle voldoende om die vrag te dra. Maksimum druk is 4.0bar, maar ek dink dan voel jy of jy met 'n roller ry. BAIE HARD. Die foto is geneem is geneem sonder vrag. Van my ondervinding bly die artikulasie daar, en sal bietjie verswak soos mens swaarder laai en die Airlift stywer pomp. Ek was net verbaas oor hoe goed die voertuig voel off road toe ek die Airlift in gesit het. Baie meer "composed" en ''steady". As ek nou deur 'n dip gaan teen 70km/h+ op 'n grondpad, is daar geen meer geswaai en gewieg nie. Baie vas op sy voete. Ek hoop dit help bietjie. Ek sal dit aanraai vir enige iemand wat ver ry en lang grond pad / trails / off road ry. Dit spaar ook jou shocks en coils. Ek het al so lank L4 gery by 'n berg af, toe ek onder kom en aan die OME shock voel, brand hy my 'n blaas. Swaar gewerk. Met die Airlift werk hulle nie so hard nie. Baie happy met dit. Oorweeg nog om voor ook in te sit...maar die $$$$$$, eish, hy es ta min....
2: Die replacement bumper het ek laat maak by E&o Welding in Louis Trichardt, oppad Messina toe. 100km van Pietersburg af. Hulle maak om te pas. Dit is baie netjies en baie sterk. Ek het al van klip afgeval en op die bumper geland, net 'n klein skrapie gekry. As dit plastiek was, het ek nou nog stukke opgetel! Hulle maak egter nie kommersieel nie. Mens moet jou kar daar los, en dan bou hulle hom daar. Ek vind net dit werk soveel beter. Hulle het my R6500 gevra. Ek dink dis baie billik, want Megaworld se prys was R13700.

Hulle kwoteer my R8500 vir die voorste een!!

!! Maar mamma wil NIKS weet nie.

. Ek moet se, ek het van hulle bumpers voor gesien en dis puik!! BAIE PROFESSIONEEL.
3: My ondervinding met die Bighorns is 110% Hulle sit nie 'n voet verkeerd nie. Dit is rerig outstanding in die veld, sand en modder. Klippe klim is hulle kos. Die Patrol is baie swaar. EK het op die weegbrug by die werk 2800kg geweeg, met 50% toerusting op en 1/2 tenk petrol. So die bande vat houe op die teerpad. Hulle gons lekker op 130km/h, maar dit laat die kindertjies SO lekker slaap. Ek dink egter dat ek nie 60 000km met hulle gaan kry nie, weens die extreme off road wat ek doen nie. Maar, as ek dit nie so hard gery het off road nie, sou hulle beslis langer gehou het. Ek het na 20 000km, sleg 5mm van die tread gebruik. Die nuwe band het 16mm diep tread.

. So as ek myself gedra, wie weet. Maar dan weer: Waar ek ry en wat ek doen, sou bitter min bande kon by hou. Hulle doen baie goed op nat teerpaaie. Dit reen nie baie in die Noorde nie, so as dit reen, gaan soek ons modder en ek is gelukkig met die hantering op teer. Die geraas is daar, maar tit for tat.
Omdat ek terug trek Pretoria aan die einde van jaar, gaan my naweek trips baie minder raak. Tans is ek 60km van Olifantrivier af, 45km van die Wolkberge af, 85km van Mafefe / Penge af. Dis die mooiste plekke en die lekkerste off road wat ek ken. BAIE rof en tegnies. Manne maak 4x4's seer omdat hulle nie weet wat hulle doen nie, en omdat hulle voertuie nie daarvoor gemaak is nie. Anyway, ek sal weer Maxxis opsit, en Bighorns ook as ek i n die Platteland bly, maar sal dan kyk na die Bravo 754. Dis meer 'n pad band. Ek sal dan baie verder moet ry om by die wildernis uit te kom. Ek oorweeg egter 'n dedicated stel Maxxis Mudders (2de stel), sodat ek off road tires het net vir daai doel, weereens die $$$$$, hy es weg....
Ek het onlangs my exhaust en manifold vervang. Die manifold het gekraak, en die pyp was te klein, 50mm.

. Toe sit ek branches en 63mm stainless steel reg deur. WAT 'n PLESIER!! Werk soos bom, baie ligter op petrol, en klink soos 'n dier. My verbuik het van 4km/L na 5.6km/L verbeter. Kon dit nie glo nie. OK, die gekraakte mani het nie gehelp nie.
Ek hoop die info help. Ons praat weer.
PS Ek wil graag julle gedagtes he oor tires sizes, maw verskil tussen 285/75/R16 en 265/70/R16. Hoe sal dit mens se off road vermoe beinvloed?
http://www.flickr.com/photos/tjaart__patrol/?saved=1. Hier is 'n paar fotos van my Patrol is sy natuurlike habitat
