Page 2 of 3

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 27 Sep 2011 20:37
by Mammoth
Jan

Een van twee dinge.... Grou twee slootjies waar die wiele in die motorhuis inloop :surprised:

Blaas die wiele af tot hy pas... :lol:

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 27 Sep 2011 21:36
by David
Mammoth - Jy het my voorgespring - Dis dit of sulke lae profiel 13duim bandjies net vir die garage!

Jan - dis 'n bakgat lorrie daai!
Jy moet vir ons foto's plaas oor hoe jy spasie vir die 2de battery gemaak het - ons het gepraat maar toe nooit kans gekry om te kyk nie.
Katvis.jpg
Katvis.jpg (172.51 KiB) Viewed 2030 times

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 07:38
by Rudolph
Baie netjiese Trol Jan!! Geniet hom en vele pret Katvis! :woo: :thumbup:

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 08:04
by Grant
Pratige Troll,

Jan ek het sommer n vierde stell voete op my dakrak gesit want dit is nie altyde moontelik om die voete presies op die pillare te sit nie. On dat ek n dak tent ophet het ek twee vote so na aan die pillare onder die dak tent en nog twee vir die deel wat my water, diesel, and wolf paks op pas.

WWeer eens a great Troll :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap:

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 08:36
by jan.dup
Die Storie van Katvis !!!

Jare gelede (+-15/20?) was daar 'n kinder tekenprentjie program op TV met 'n haai wat mense (en diere) skrikgemaak het op land (soms sommer ver binneland in) en op see. Hy het die entiteit bekruip - omkant gevang en hulle het hul dan boeglam geskrik as hulle die moewiese haai met die groot tanne sien - hy het dan elke keer as hy dit doen gese "HET JOU KATVIS !!". Hy het sy gesig ook soms opgemaak soos 'n seerower, kompleet met oogklap en al. Ek en my laaitie het nie een van die programme gemis nie en van daai tyd af wanneer ek iets kry, sien of ervaar wat ek kwaai laaik of as ek iemand 'n streep trek en uitvang dan kom die seding "HET JOU KATVIS !!"


David - sal kyk om later wanneer tydjie kry foto te neem en te plaas vd spasie wat vd battery gemaak is.
Met die garage storie - ek kort letterlik 5 na 10mm om in te pas - sal die hoogte dalk effe sak met tyd en swaar vrag ? ...... dit sal my mos 'n goeie verskoning gee om 'n ordentelike trippie aan te pak :clap:

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 09:15
by Peter Connan
Jan hier's vir jou nog 'n idee:

Bout die boonste ring van die dakrak af. Dis dan sommer makliker om met die dakrak te werk ook. Jy kan in elk geval nie hom vertou om goed op die dakrak te hou nie, jy moet hulle ordentlik vasmaak.

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 10:05
by Grant
Agree with Peter,


Once your all the brackets for the Jerry Cans, Water Tank, and gas cylinder it becomes a mission to take them all off every time you get back from a trip. It has got to the stage that my Troll now stands at a storage yard. With the 90 mm lift and the 33" tires, there is no way I will get it in my garage. Wife was not interested in the idea of having two 30 cm deep sections cut out of the garage floor.


Also with the tent and extra's on, it takes six of us to get the rack of the roof. Thus my decision to leave everything on and put in storage. Fortunately it is not a daily driver.

:think: :think:

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 28 Sep 2011 10:29
by Jules
Katvis

You can also go upwards and lift the crossbeams in the garage, that is the route I will probably go since the monkeys here in RB will have a field day if they can enter through the sections cut into the paving.

Shalom
Jules

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 29 Sep 2011 06:37
by JG Shields
Jan,

Katvis lyk regtig mooi! Baie geluk! Ek is baie nuuskierig om jou mening oor die auto ratkas te hoor. Laat weet ons asb.

As ek jy is grawe ek twee slote on die motorhuis se vloer. Dis jou wiele wat te groot is, nie die dakrak wat te hoog is nie.....

Re: Het jou Katvis !!

Posted: 29 Sep 2011 08:05
by Peter Connan
JG Shields wrote:As ek jy is grawe ek twee slote on die motorhuis se vloer. Dis jou wiele wat te groot is, nie die dakrak wat te hoog is nie.....
Persoonlik dink ek die beste lang-termyn plan is om 'n lekker hoe afdak voor die garage (waenhuis?) te bou, met 'n Fredlin Hoist. Die rede hoekom ek dit se, is dat 'n dakrak nie leeg moet bly nie, want as hy leeg bly dan het jy hom in elk geval nie nodig gehad nie, en sodra hy nie meer leeg is nie, kom die probleem terug.

Mens wil nie noodwendig heeltyd met die dakrak op rondry nie, tensy jy die kar net vir een doel gebruik nie, en dis te 'n lekker kar om net twee keer 'n jaar mee te ry. Verder kan jy allerhande planne maak om die kar met 'n lee dakrak net mooi in die garage te kry, maar as jy hom moet pak vir 'n vakansie gaan jy dit buite moet doen, waar jy vroer of later baie nat gaan reen.

As jy egter besluit om jou garage hoer te maak, moet jy ten minste 500mm hoer gaan.

Ek is self besig om te spaar om vir my 'n afdak te bou om my dakrak en daktent te hanteer.