BANG!!! - DEAD!!!!

Showcase your baby
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Pieter du Toit »

Ok so my engin is uit en ons weet wat is fout - so nou kom dit by kwotasies...... wat gaan die skade beloop!!! Intussen ek nog steeds besig met Nissan SA en gaan nou ook n eis indien na Motorite - ek hat darem afterall R20 000 dekking by hulle op my engin!!! Baie baie hoopvol..... toe kom die skok!!!

Nissan se quotes:

Kompleet nuwe head unit - R26337-02!!!
Engin parte - R33 442-91!!!!!

......en dis sonder enige engineering werk aan die blok, die aircon se re-gas, arbeid ens ens ens.... die lys hou net nie op nie.

Ok nou motorite toe....hoor wat se hulle.

Gister die volgende nuus van Motorite gekry.....hulle gaan net R6000-00 "as a show of goodwill" betaal omdat "the overfuelling is a known problem on these engins which eventually leads to engine failure or burnt pistons and cracked heads".!!! Ek wag nog net nou vir hulle skriftelike terugvoer ook - want hier se RMI (wat Nissan nie wil erken nie) dan nou vir my dat hul ook bewus is van die probleem op hierdie engin modelle!!!!

Nou wil ek Nissan SA se bekke graag hoor - want so waar as wragtig as ek nie by die ombudsman kan regkom nie gaan ek enige ander avenue probeer - van kampvegter af tot die media tot Carte Blanche consumer to selfs n regs proses!!!! Maar hiermee gaan ek nie le nie en gaan ek nie sommer net opgee nie - al maak ek in tussen my kar self reg.!!!! So kan ons Jan Publiek mos darem nie vir n "ride" gevat word nie!!! En dan gaan ek motorite ook nog aanvat want hoekom verkoop hulle n polis aan my met n R20 000 dekking op my engin as hul voor hul siel weet dat die voertuig n geskiedenis van engin failures het!!! (Dankie Frans - jy het dit vir my uitgewys!!)

Intussen begin die proses van voor af - nuwe "quotes" vir aftermarket parte (behalwe pistons, ringe en gaskets). En dan nou ook die oorwegings tussen bly by die ZD30, myne reggemaak, n ingevoerde engin aankoop of die 4.2 roete gaan.

Ai ai ai - dis moeilike besluite!!!!
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by JG Shields »

Pieter,

Al is die nuus nie so goed nie, is dit nogtans goed om 'n slag van jou te hoor!

Dis jammer die saak is besig om hierdie rigting in te slaan en dis jammer hierdie tipe druk kom uiteindelik op een man se skouers neer....maar ons het dit eintlik almal verwag. Jy's reg in jou opmerking dat beide Nissan en MR besig is om hulself met 'n stuk tou hier op te hang. Komende vanuit die versekeringsbedryf, stel ek voor jy kry MR se antwoord op skrif en stuur dit dan onverwyld na die versekeringsombud. Hulle antwoord gaan inderdaad vir Nissan SA ook in 'n ongemaklike blik druk. Onthou net dat Nissan SA gaan aanhou om DOM en MAAK WAT JY WIL gaan speel ter wille daarvan om jou te ontmoedig om die saak verder te vat. Moet dit nie toelaat nie.

Sterkte!!!!
Patrol fan!
User avatar
Langman
Senior Member
Senior Member
Posts: 130
Joined: 05 May 2010 15:38
Full Name: Jacques Landman
Nickname: Jakes
Home Town: Uitenhage
Current 4x4: Patrol
Home Language: English / Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Langman »

Nou is ek eers bang!!! Sit ek dalk op dieselfde duur tydbom??? :pray: Waar kan n' mens navraag doen ivm invoer engins? As so iets met my moet gebeur sal ek nadat ek al my trane opgedroog het definitief ook invoer ooweeg...miskien selfs terug swaai petrol toe! Jis my maat maar die skade is erg verby!!! Ek gaan self sommer nou al begin spaar....
Langman
2004 Patrol 4.8 GRX
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Herrie »

Hopelik sal Mac jou antwoord want SAC is tans besig om sy 3.0l te vervang met 'n ingevoerde een - hoop net dit is die verbeterde 3.0l.
User avatar
Langman
Senior Member
Senior Member
Posts: 130
Joined: 05 May 2010 15:38
Full Name: Jacques Landman
Nickname: Jakes
Home Town: Uitenhage
Current 4x4: Patrol
Home Language: English / Afrikaans
Been thanked: 1 time

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Langman »

Thanks Herrie...ek sien die ouens praat so van probleme wat 3.0d's gegee het op die ouer modelle en dat na 2003 en op dit bietjie beter begin gaan maar die risiko is seker nog altyd daar. Ek wil self nie ruil nie want vir my is die 3.0 honderd en ry lekker...wil nie eers begin praat van hoeveel rand ek maandliks spaar omdat ek nou so stadig ry dat ek nie eers meer verkeers boetes kry nie. Nietemin sal probeer kontak maak met MAC en hoor wat die invoer storie met instalering hom gekos het net om so idee te kry. Ek is seker as ek n' spaar engine in my garage het sal my huidige een nooit kalf nie "MURPHY'S LAW" :eureka:
Langman
2004 Patrol 4.8 GRX
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by JG Shields »

Langman,

Ek dink al die negatiewe reaksie teenoor die ZD30 enjin is onregverdig teenoor manne soos jy wat hulle ry. Moenie te veel "stress" nie. Ja, die enjin het 'n reputasie, veral op die 2000 - 2002 modelle. Daar is egter al so baie op hierdie forum gesels oor die MOETS en MOENIES van die ZD30 dat die eienaars daarvan 'n goeie riglyn het van hoe die enjin hanteer moet word. Dit was nog altyd, en is steeds my mening dat die ZD30 enjin baaaaaaaaaaie kilos kan gee as hy reg hanteer word. Daarmee saam is die kombinasie tussen kraglewering (bakwerk + enjin), brandstofverbruik en gerief ongelooflik lekker in die 3.0D Patrol.

Toe my ZD30 totsiens gese het en ek my navorsing gedoen het, het geen invoerder geweet dat die Patrol se ZD30 "longstroke" enjin verskil van die bakkie se ZD30 "short stroke" enjin nie. So, NEE ek dink nie die enjin invoer roete is so voor die hand liggend nie. Ek en Oom Mac is van plan om sy nuwe enjin se geskiedenis/oorsprong op grond van enjin nr na te vors om seker te maak van hierdie feit.

Op 'n ligter MURPHY noot. Ek sit met 'n spaar ZD30 "longstroke" enjin in my stoor wat ek beslis nie gaan nodig kry nie. Hy het nie "ontplof" nie. 'n Waterlek en gevolglike oorverhitting het hom platgetrek. Ek begin wonder of ek hom nie moet laat oordoen en rustig in my stoor hou as 'n bystand enjin vir julle manne nie.....?????
Patrol fan!
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3461
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 160 times
Contact:

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Kagiso II »

Pieter - Kontak vi Oompie - solat ons koppe byeensit en saam-saam hierdie onetiese *** aanpak.

Agarob is darm tuis [R52 000 later ...]
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Stefan »

Bly om van jou te hoor Pieter. Alle sterkte ou maat! Wat van 'n biertjie een of ander tyd?
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 6 times

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Pieter du Toit »

Good day Gents,

Stefan daai biertjie klink aanloklik maar daar is nou eers anner priorities..... maar dankie ek sal beslis n raincheck vat!!!!!

Nou ja my web forum vrinne - wat maak mens as jy in sulke gemors is en jy wil vorentoe gaan en jou ryding reg he????? Mens kan mos nou ook nie vir ewig n papier oorlog voer en intussen staan en vergaan jou ryding in die stof nie.

Dan moet mens hom maar regmaak - want so kan dit nie aangaan nie. So na al die ou sommetjies van ZD30 regmaak met 'n kombinasie van Nissan en "pirate" parte tot na conversion toe vir 4.2D is my kop dom en my bank rekening leeg - en ek het nog nie eers geld spandeer nie!!!! Maar eers darem net die volgende “update”…….

Na n baklei met Motorite het hulle darem met n bietjie meer "party" toe gekom - hulle sal my nou R10 000 uitbetaal. Baie toevallig is "overfuelling" ook saam gevat in die polis omskrywing met "overheating" - en hier is daar net n maksimum dekking van R10 000 beskikbaar. So ongeag dat die engin nou totaal opgepak het - die R20 000 dekking hier is nou skielik nie van toepassing nie. Maar weereens gaan ek met hulle ombudsman toe - want die polis bewoording se ook die volgende – en ek quote uit die polis omskrywing:

“Regardless of how many failures happen at the same time, only one covered part failure will be entertained (the higher benefit cover will apply). Repairs to the remaining failed part or parts will be for your own account”.

Nou my common sense se vir my my hele engin is murtu (ja agv overfuelling) – maar ek het R20 000 cover op die engin – dus moet hul mos die beter voordeel uit betaal (as ek hul polis dokumente en omskrywings reg lees). Maar intusssen gaan ek nou maar hul R10 000 vat sodat ek in n rigting kan beweeg met die ding – want my hart is ook stukkend oor my Patrol!! Die ombudsman moet maar daai “judgement call” maak – ek het Motorite mos verlede jaar ook ombudsman toe gevat oor my diff lock storie en ja 11 maande later (April 2010) en baie baie briewe en skrywes tussen my, hulle en die ombudsman het ek toe nog geld terug gekry en het my hele diff lock storie het my minder as R2000 uit my sak gekos.
So hier gaan ons maar weer……..mens sal nou dink dat hulle al geleer het met my vorige eis – maar nee donkies sal mos nou maar net hulle koppe 2 keer stamp teen dieselfde ding!!!!!

En Nissan SA is ek ook nog lank nie meer klaar nie……vir hulle gaan ek sommer hof toe vat en nie eers bodder met die motorindustrie se ombudsman nie. Ek is besig om “case studies” bymekaar te maak, alle inligting wat ek moontlik via die internet oor die ZD30’s kan bekom te vergader en is reeds ook in persoonlike kontak met Mnr Sarel Venter van Louis Trichardt, die ou wat die brief in Jan 2010 SA 4x4 geskryf het oor sy derde handse bakkie met geen Nissan diensgeskiedenis wat se engin vervang is. Ek gaan nog vir Abri Hoffman en sy vriend wie se engines vervang is ook nader vir hulp oor hul eise by Nissan. En ek wil kyk of Oom Mac hom ook by my gaan skaar – ek wil sy geval ook deel maak van die case studies – ongeag wat Nissan SA hom wel in hul brief geantwoord het. Dan kort ek nou net n goeie “consumer lawyer” wat die saak kan bekyk en wat weet wat hy doen – want vir Nissan SA wil ek sommer bloots ry!!!! Ek weet dit gaan n lang pad wees – maar ek is bereid om hom te loop – maar hierdie Boesman gaan nou maar net een maal nie tou opgooi nie. Het enige van julle dalk kontakte / kenisse / voorstelle in hierdie verband.

Intussen het die Boesman sy sommetjies en mind opgemaak – DAAR IS BESLUIT OP N 4.2 TURBO DIESEL “IMPORT” ENGIN CONVERSION. HOERAAAA!!!!

Frans Fourie sal uiteraard in beheer wees van hierdie “conversion”- hoop jou spanners is blink en reg Frans – hier kom baie werk!!! Dis altemit aan sy betroubare inligting en vergelykings wat ek die 4.2 besluit gemaak het. Ai ai ai, nou kom die geld uitgee proses………
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Patrol4.8
Senior Member
Senior Member
Posts: 124
Joined: 02 Aug 2009 20:47
Full Name: Cornelius Kotze
Nickname: Cor
Home Town: Wellington (Western Cape)
Current 4x4: Nissan Patrol 4.8
Home Language: Afrikaans

Re: BANG!!! - DEAD!!!!

Post by Patrol4.8 »

Sterkte Pieter, ek is bly iemand is bereid om die boelies aan te vat. :woo:
Cornelius Kotzé
'03 Patrol GRX 4.8 AT
OME 2" lift
33" BFG A/T
Post Reply

Return to “08a. Your Patrol”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests