Laas maand, na vele wik en weeg, het ek my eerste Patrol, wat ook my eerste Nissan en eerste groot 6 silinder engine, eerste engine groter as 2.9L is, gekoop in Pretoria en hom Kaap toe gebring.
Ek moet hom nog offroad neem en die kort kierietjie leer werk in sand en berg, want ek ken net die elektriese transfercase motor switch van die Musso.
Hy is mooi opgepas en mooi uitgekit en daar is nie veel upgrades oor om te doen nie (ek het ook nie meer soveel tyd vir upgrades met my nuwerige werk en familie met 'n 3 jarige seuntjie nie

Dit is voorwaar 'n lieflike trok; brandstof gebruik Kaap toe was 5.5 km/l gemiddeld. Die beste wat ek gekry het op 'n tenk was 6.4km/l. Dit gaan voorwaar fein beplanning kos om na ver afgelee plekke te reis. Namibie, Richtersveld, Kgalagadi en Botswana is op my bucket list.
Goedjies wat pla:
geen backlight op steering wheel controls, dit maak dit onmoontlik om in stik donker die controls te gebruik - die Nissan engineers het nie hier gedink nie
geen backlight op ignition of elektriese venster switches nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad

geen auto door lock wanneer voertuig in beweging is nie - selfs my 22 jarige Musso het dit gehad

kan nie bestuurder deur oopmaak sonder om al die deure eers oop te sluit nie

Die volgende bly oor op my upgrade lysie:
- TPM
- Seat Cover
- Drawer system
- Auto Rain & light sensors
- Auto door lock
- Awning
- Led spots / Bar
- Frontrunner leertjie
- Jerry can carrier (baie ekstra brandstof nodig)
- PDC