Hi almal, ek is opsoek na n stel (24) wielmoere wat op die 16' grx sierwiele pas. Die moere wat ek gehad het , was verkeerd en nou die oggend het my wiel uitgeval oppad werk toe ! Nissan vra NET R107.00 +BTW per moer(MOER!).Dis meer as wat ek vir die mags betaal het ! Die moere moet n skouer he met n wasser wat teen die mag vasskroef en n 1.25 "thread".Die moere lyk soos die nuwe D4D toyota bakkies (verkrygbaar teen R30 per moer), maar toyota het n 1.5 "thread". Enige hulp asb.
Oom Mac het voorgestel om dalk maar die 1.25 "stuts" te vervang met 1.5's.Dit sal maar die laaste opsie wees.
Attachments
Ruan bachelors 046.jpg (30.95 KiB) Viewed 2149 times
Ruan bachelors 044.jpg (31.72 KiB) Viewed 2149 times
Daar is 2opsies,
1) Jy kan die "studs" vervang met n 1.5 thread een en die studs kan jy dan ook by enige nuts en bolts plek kry.
Die plek met die grootste verkeidenheid is seker Speedy's Nuts in Bolts in Johannesburg. Jy moet hulle dalk bel en hoor of hulle nie nuts het of vir jou kan kry nie, of maak nie. Acorn in centurion sal dalk he maar ek is nie seker. Northern Bolt in Midrand sal ook studs he, maar vat een saam omdat ek dink die een tipe stud het meer splines as die ander. Ek het n spaar Nissan Stud van n later model wat jy kan leen. Die taxis (toy en Nissan) ry die goed in hulle peetjie in so is redelik maklik beskikbaar by nuts en bolts en selfs spares plekke wat meer fokus op taxis.
2) Wat is die Toyota se thread diameter. EK ken nou nie die goed uit my kop nie maar as die toyota n M10x1.5mm kan jy dit boor en tap vir M12x1.25. Of jy kan dalk n skouer nut koop wat n M10 is by een van die ander plekke (nuts en bolts plekke, TWT) en dit dan tap. Gelukkig is die taps relatief maklik besikbaar.
Ek ken nou nie die spesifiek wiele nie, maar gewoonlik moet die skag van die nut die wiel sentreer , die wasser en skouer trek die wiel vas .Is jy seker dat die toyota se skag dieselfde size is as die gat in jou wiele? Ek weet nie wat die toleransie is tussen die skag en gat op die toyota wiel nie maar dit kan as maatstaf gebruik word en ek skat dit sal seker .5mm wees
John D, baie dankie vir jou raad.Ek wil eers probeer om die regte nuts te kry voor ek die nuwe stud roete loop.Sal more probeer by die plekke wat jy genoem het.Voorlopig ry ek maar weer op die staal 15" rims waarmee ek die patrol gekoop het.Ek sal die toyota nuts se skag meet net om te sien wat hulle diameter is.Van die Mitsubishis het ook sulke "skouer/skag/wasser nuts as n twede opsie.
Het jy reggekom, wat het jy gemaak? ek het nuwe 4,8 Mags wat ek op my bakkie wil sit het dieselfde moeilikheid, sal jou laat weet as ek enige nuus het doen asb ook so.
Nuwe studs 1,5 thread R5,50- Nee nie van China en Nuwe Nuts met skouer van Pajero by agente R13,80 stuk en walla daar sit jou mags, alles oor. By the way Cruiser by Toyota R16,50. Nou waar kom Nissan met sy @#&$%??? prys van R104 plus BTW vir 'n nut?
Wat is fout met die mense?