Ek het die naweek gespandeer in, op langs en onder die Pat. Alles vasgemaak wat los was, rattles probeer vind ens.
Ek het hom nou maar so week, en het al so 2000km afgele. Daar was nog altyd n paar geluide wat van die onderkant afgekom het - een vir een het ek hulle stil gekry. Baffle plates het gerattle, en die RH leading arm se voorste bout was heel los.

Daar is nogsteeds n geluid of 2. Dit klink vir my of dit heel random gebeur - nie as ek iets spesifieks met die kar doen nie. Dis n clunk, en ek kan dit voel deur my voete.
Ek weet julle sal nie regtig weet wat dit is sonder om self te kyk nie, maar ek wonder of dit die moeite werd is om nuwe coils te installeer.( Die bushees lyk nog almal ok ). Ek kyk na Ironmans. Die vorige eienaar het TJM XGS skokke ingesit, maar die vere is nog oorspronklik ie 1995, 170000km.
Is dit die R5000 werd?
Thanks