So ruk gelede het ek hierdie voertuig probeer verkoop (my profile pic) - sonder sukses - ek wou te veel geld hê. Eintlik wou ek seker nie, en toe ek 'n ander manier kry om my Y61 td42 te finansier, het ek die game viewer gehou. Die kar is al sedert 1985 in ons familie. Eers gesinsvoertuig (my pa s'n, en die rede vir my Patrol fassinasie), en later gaan aftree in die laeveld; waar, in 'n oomblik van waansin, die dak afgesny is. So 6 jaar gelede het my pa sy stukkie bosveld verkoop en het ek die L28 op 'n sleepwa huistoe gebring. Sedertdien onderhou Arrie van John du Toit Nissan in Lichtenburg haar mooi.
Die rede vir hierdie boodskap is eintlik maar net om haar aan die forum bekend te stel
En dan, om Dawid Volschenk se beuel te blaas, nie dat hy dit sal lees nie.

Ons sukkel al 'n ruk met die front lockers. Een kant spesifiek het 'n lelike klapgeluid op, selfs wanneer hy vry loop. Wel, eers het ons probeer masjineer in Lichtenburg, maar kon ook net halfpad kom. Ek kry toe Arrie en Dawid in kontak met mekaar...

Sommer net so terloops... Nou wil ek nog die laairuimte (agter die agterdeure) rubberise. Die mat het maar bietjie sleg houe gevat vandat ek haar as 'n 'bakkie' gebruik. Daarvoor laat maak ek dun plaatmetaal inserts vir die kante (waar die materiaal en poliester lining gewoonlik sit in die SUV, onder die vensterhoogte). Rubberising dan tot agter die agterste deure.
Ek post paar fotos.
Mooi bly,
Christoph