Vandag voel ek soos 'n groot hond wat moet buite slaap terwyl die keffertjies binne op die baas se skoot sit.
Ek sit by die werk in Angola en my Patrol staan en wag vir my. Het nog net my wa op 'n foto gesien, nog nooit in lewende lywe...
Nou die Patrol is nie splintenuut nie, 2002 4.5 GRX, en ek is ook nie so nuut in die Datsuns nie, maar dis lekker om terug te wees!
My naam is Peter Church en ek my SWAMBO Chrisna en 2 klonge bly op Trekoskraal net so halfpad tussen Vredenburg en Paternoster,
ja daar waar mens kan skelm duine ry vir die wat weet

Ons is maplotters wat net die spasie geniet en boer met niks. Net bikes,pypkarre , 4x4 en alles wat basies brandstof gebruik!
Daar is ook wel 'n anderkant aan ons mense en dit is ons duld geen negatiewe impak op die natuur rondom ons, dis al wat ons het.
Ek sien uit daarna om deel te wees van die Patrol4x4 forum.
For those that do not understand the "taal" : Sorry bud, when in Rome