Eers wil ek 'n Fortuner koop toe oortuig julle my anders. Nou sit ek met 'n pragtige wa maar daar is een netelige probleempie: hoe de ..... gaan my liewe vrou 'n 285/75/16 omruil? Die wiele staan amper tot by haar heup en weeg regtig meer as wat sy kan skuif of optel?
En nog iets: watter soort domkrag werk goed op 'n Patrol?
Die beste domkrag vir wiele ruil is die standaard meganise bottel-domkrag waarmee die kar uitkom. Kry net 'n 300mm x 300mm staal plaat om hom op neer te sit in die sand.
Daar is 'n paar tips om die wiel-ruil makliker te maak:
1) As jy 'n dakrak het, maak 'n arm wat agter hom uitskuif met 'n klein block en tackle op om die wiel agter af te haal en die pappa terug te sit.
2) Kry 'n binneband, en vou hom in vier, dan maak jy die punte met cable ties vas. Haal die klep uit en bere hom. Die sit jy onder die wiel, en blaas hom stadig op. tot die wiel op hom staan. Nou kan jy die wiel maklik afskuif en wegrol, en die nuwe wiel op die selfde manier terugsit. My pa het die een uitgedink toe hy te swak geword het om wiele te ruil.
Maar die heel beste plan is om 'n herstel-stel en kompressor altyd saam te ry, en haar te leer om self 'n wiel reg te maak. Ek maak amper altyd sommer my pap wiele op die kar reg.
Tinus lotz wrote:O ja hoe ry die patrol Stella distrik se grond pad???
Ek sal koperghries kry as dit is wat jy bedoel, en ek het ook gedink om 'n lang pyp saam te ry vir 'n hefboom op die taai moere.
Ons eerste date met die grondpad is Saterdag - ons ry om na die Molopo te gaan kyk. 130 km taai grondpad soontoe, dit is die eerste keer in ses jaar dat hy weer loop.
Why not just keep a couple of can of that tyre inflation snot in the patrol (should work provided there is no side wall damage) this would plug the leak and allow her to get home where you could fix it properly
Ian, if we loose tyres in these parts it is mostly due to sharp rocks penetrating or cutting the side walls. Many farmers budget to change a complete set of tires every year. Quite a few are changing to Firestone Destinations because tyres usually don't get old.
We don't travel the gravel roads that much but I still want to be prepared.