Chris, nee daai 2.2 Fordtjie doen goed op die duine. Jy moet net die ratkas verstaan en weet hoe om van 3de na 2de lowrange in die fly te kan terug ruil.
Het gister weer lang "vergadering"(dit is wat ons die vrouens laat glo), gehad met Thys, en ons gaan daai een dag wanneer ons die drags doen 3 klasse he. Diesel, Petrol en Modified. Dit gaan baja lekker ondervinding wees vir die van julle wat nognie duine gery het nie. Ons gaan die Saterdag Waterford ry, en die Sondag drags, en dan die Maandag Soutput roete doen. Soutput is korter maar meer tegnies as Waterford, maar Waterford is n beter leerskool. So wanneer ons by Soutput kom ken die manne al hulle karre beter en die ratkeuses ens. Ek sal nader aan die tyd n lyse van kritieke benodighede opsit. En dan ook finale reelings tref hoe laat wie en waar ry. Dit is nogal n entjie se ry vanaf PTA.
Vanaf PTA is dit n goeie 10ure se ry. As jy teen 100km/uur ry. Onthou dat daar 2 kante van Boegoe berg dam vakansie oord is. Ek sal die koordinate op sit en asb gebruik daai koordinate, nie die wat jy van google af kry nie, anders gaan jy vir ons waai vanaf die oorkant van die dam. Glo my dit het verlede jaar gebeur met van ons manne.
Daar is beperkte selfoon opvangs, net MTN, by die kamp self, anders moet daar ver gery word vir opvangs. In die Noord kaap, is MTN oor die algemeen maar beter met sein. Dit werk nogal om n goed koop nokia foontjie te kry met n pay as you go simkaard.
Dag Maats.
Die besprekings sal ek hanteer nader aan die geleentheid. Ja ons betaal daar, slegs kontant asb. Die naaste dorp om proviant en diesel,perol te kry is Groblershoop. Dit is so 40km van ons af waar ons gaan kamp. Indien daar nie petrol of diesel saam gery kan word in kanne nie. Gaan ons beslis die Sondag ogend moet ry vir die nodige na Groblershoop.
Ja die kamplek kan bereik word met gewone karavaan. Sal maar net moet stadig ry op die grondpad. As ons vanaf PTA af ry is dit teerpad tot en met so 25km voor die kampplek wat dan grondpad word wat gewoonlik in goeie kondisie is.
Die afstand vanaf Griekwastad tot bt ons kampplek is 138km. Griekwastad kan ons brandstof kry. Die bereking is gedoen as mens vanaf Kimberly ry na die kampplek.
Afstand vanaf PTA tot en met Boegoeberg kampplek. Is 813km.
Hierdie is wat ek op die kaart kry vir die Boegoeberg eco resort.( Kamplek).
Dit is heelwat nader aan Groblershoop as aan Griekwastad, maar Groblershoop is ander kant (Wes van) die kamplek. So jy sal heelwaarskynlik laaste keer wil ingooi op Griekwastad - tensy jy bereid is om bietjie ompad te ry.
Groblershoop is die naaste. 40 km weg. Errol as jy bo om ry is dt dan die N14 waarvan jy praat? Indien dan gaan Postmasburg jou laaste plek wees vir brandstof. Die grondpad vanaf Postmasburg is nie altyd in goeie kondisie nie. Dt is hoekom ek voorstel dat die N12 gery word.
Om Jerry kanne saam tery, is ok goeie idee indien jy nie die 40km wil aandurf na Groblershoop nie.