Ek het na ek my engine rebuild gedoen het al redelik verander aan hoe my bumper voor lyk om meer lug oor die radiator te kry. Ek het n Madman wat my water temp meet soos dit by die engine uit kom en ek het die temperatuur op die highway met omtrent 10 grade afgebring deur net die middelste gedeelte waar die nommerplaat moet sit te verander sodat lug daar kan deur vloei.
Die standaard plastiek air ducts en deflectors wat op die Patrols is speel n groot rol in my opinie en dra by tot baie meer lug or die radiator.
My volgende stap is om soortgelykes weer tussen my bumper en radiator op te sit asook n stuk aan die onderkant tussen die bumper en cradle.
