Jou mede soutie hier!
Ek stem saam met John, daar is 'n voertuig vir almal en alle terreine, maar dis net nie altyd dieselfde voertuig nie ...
Ek is mal oor die D3, want waar my Hilux in 2008 gery het van die Kaap tot in Noord-Tanzania en terug, het die D3 saamgeloop.
Ek het baie respek vir daai TDV6 masjien - het my Hilux weggery en was ligter op brandstof en dit terwyl albei van ons treilers gesleep het.!
MAAR,
1. Die D3 is amper 400 kg swaarder as my Patrol 4.8GL - ja die D3 weeg 2,7 ton ...
2. Ek is skrikkerig in Afrika vir die D3 se elektronika. Net voor Lusaka het die D3 in 'n slaggat getrap en toe besluit die rekenaar die skade is verby sy limiete en plaas die voertuig in "safe mode". Die gevolg was dat die vering gaan le en jy het 'n moer harde rit teen stadige snelheid tot by die volgende LR agent, want die "reset" moet deur die rekenaar gedoen word! Ons was baie gelukkig dat die rekenaar wat deur Zambia (Lusaka) en Malawi (Blantyre) gedeel word wel in Lusaka was op daardie tydstip.
3. LR se diens en parte pryse stem my nog nie tot ruste nie ... daai TDV6 kos tussen R 110 000 en R126 000 NET vir die masjien.
Koos, my nederige opinie is dat dit gaan afhang waar wil jy wil ry met die D3. As jy teerpad en plaaslike grondpaaie gaan ry, great! As jy in Afrika se boendoes wil invoeter (bv Bots gedurende of voor/na reenseisoen), dan dink ek jy soek moeliggeit!
My 2 sent se waarde.
... en dit van 'n man wat nog baie lekker ry met sy D1 Tdi dankie
