Man nou het jy lekker heimwee in my wakker gemaak!!! Ons was Des 2008 daar - het ook by Kleinzee gekamp (selfde plek gestaan as jy op die foto!!) het ook die shipwreck trail gedoen en het op 3 plekke in die Richtersveld self gekamp - 1 nag Potjiespram, 3 nagte by De Hoop (reg op die rivier!!!) en 3 nagte by Richtersberg 3 (teen die rivier op n moe*se grasbank onder n moe*se doringboom)!!! Man dit was hemels - ons het nie een aand (in die Richtersveld) in tente geslaap nie - buite op die grond op ons opblaas matrasse. En dit was nog steeds te kort. Ons en my swaer hulle was daar - man die dag toe ons uit die richtersveld ry toe stop ons daar buite die hek by die "totsiens" bordjie vir n laaste groep foto - elkeen van ons het teruggeklim in ons karre met n moe*se dik knop in ons kele en donkerbrille op!! Die volgende 50km daarna was daar algehele radio stilte - niemand wou praat nie!
Dagtemperature was so 40+ - maar dit was nie daardie uitputtende hoe druk hitte nie - ons het heeldag in die rivier geboer en het ons self gate uit geniet. Ons het met altesaam amper 6 gig se fotos teruggekom na n amper 3 weke overlanding trip.
Man my vrou wil net daar gaan bly - sy se sy alles opgee wat sy het om net daar in die hartjie van die ricthersveld te gaan bly. Ek sal enige dag enige tyd teruggaan soontoe - se net as jou wiele jeuk en ek ry saam!!!
Dit is net een van daai "moet in die lewe doen" dinge - as dit nie op enige 4x4 ou se "to do list" is nie dan mis hy n "life changing experience". Was julle ook by God's Hand - tussen de Hoop en Richtersberg 3 ?? Absoluut amazing!!!
Great posting
