Soos belowe is hieronder `n paar kiekies van die projek.
Ons het taamlik probleme opgetel met die ruil van die doppe want die Japs het besluit hul verander alles;
1. Die mountings stem nie oorreen met die gate nie en moes ons nuwes maak. (Moenie kommer nie ons het some 10mm dik platstaal gebruik.)
2. Die rathefbome het nie oorreen gestem met die gate nie en as gevolg moes ons die firewall sny om die motor in te pas. (Al die ander opsies was baie sterk oorweeg.)
Op hierdie stadium is die projek so 85% klaar met bedrading wat môre gedoen word en dan die binneruim oordoen.
Ek benoduig bietjie raad op die binneruim aangesien ons die ou matte uitgeruk het en wil nie graag weer matte insit nie. (Word nat en vrot onder andere). Graag wil ons `n soort rubber materiaal spuit wat ook sal help met klank digtheid en wat nie arem en `n been gaan kos nie. Enige voorstelle?
Geniet die fotos. Ek bederf met die finale produk binnekort.
Tinus, waar kry mens daai 8mm dik een. Ek wil die Sani ook oor doen daarmee. Na die verdrinking in 2008, is daar snaakse reuke wat elke deur kom as die matte nat word.
David - Bfreesani
1997 Nissan Sani MK3 2.7TD - Hillbilly (SAFANI)
MQ C200 SFA
MQ H260 LSD Rear
MQ Transfer as second low range
5" Lift
33"x12.5x15" tires on 8.5J rims - Want 35's
DIY rock sliders
DIY Snorkel
Madman EMS
Daar was n plek in apex benoni wat dit gedoen het hulle sit rubber binne pype vir die myne nog n plek in brakpan het dit vir ergo gedoen maar hulle het gesluit toe die myn toegemaak het ek het my hardbody by hulle gedoen maar was ook al 15 jaar terug
Daar is baie plekke wat "rubber lining" in pype en kleppe sit, maar dis rubber velle wat hulle sny en plak, en ek dink nie dis geskik vir die binnekant van 'n kar nie.
Maar ek dink in elk geval 8mm is heeltemal te dik, daai goed is flippen swaar.