Soos ek se, ek praat dalk uit my beurt uit. Ek het self nog nie 'n Ford/Mazda gery nie. Drie van my kollegas ry hulle (diesel en petrol) en al 3 het ratkas probleme tot vervelens toe.
Ek moet myself ook reg uitdruk rakende die "klein diesel" enjins en hul probleme. Ek het 'n klomp jare se genot en plesier uit my 3.0Di Patrol gehad. Ek sal weer een ry mits ek hom nuut koop, al die monitors dadelik installeer en van dag 1 af na hom kyk soos ek moet. Ek is oortuig dat ek dan 400 00km probleemvry uit hom sal kry.
Wat belangrik is in my argument is dat: DIE MONITOR/MANAGEMENT TEORIE GELD VIR ALLE FABRIKATE VAN KLEIN DIESELS. Gaan lees maar op...BMW, Isuzu, Ford/Mazda, Kzte ens het almal dieselfde probleme/brekasies wat toegeskryf kan word aan te hoe EGT's en MAF sensor / lug-inlaat / turbo verwante probleme. Die rede vir die probleme is ook dieselfde nl.
1. Die klein diesels is so erg verfyn ten einde beter werkverrigting te kry met min brandstof. Dit maak hul sisteme baie kompleks en elke komponent moet 100% in balans wees met sy maatjies anders glip die handgranaat se pennetjie sommer self uit.
2. Die uiters goeie werkverrigting maak dat die bestuurder dink hy's RAMBO en ry net nog harder, veral teen teerpad snelhede teen bulte uit. Dit skep 'n "vicious" kringloop wat aanhou en aanhou.
Die slotsom van die verhaal is dat die kleiner diesels uiters goeie enjins met goeie tegnologie is...maar wat reg hanteer moet word!!! Die vraag is egter of die deursnit motor bestuurder die kennis en die WIL het om hierdie enjins reg te ry. Dis hier waar elke persoon eerlik met homself moet wees voordat hy 'n "klein" diesel enjins moet koop of nie. Ongelukkig is hierdie teorie baie vaag in die publiek se perspektief agv 'n tekort aan tegniese kennis en handelaars wat nie eerlik is hieroor nie. Verder ry al hoe minder mense vandag nog voertuie verby 100 000km. Die punt waar die deurlopende afbreek van komponente plaasvind (sedert die 1e km gery is toe hy nuut was) is gewoonlik eers na 100 000km en is dit die 2e eienaar wat dan met die pere sit wat die 1e eienaar gebak het. Dis dan wanneer die fabrikaat die skuld kry.
Gelukkig is baie 4x4 manne vandag baie passievol oor hul voertuie en tegnies goed ingelig. Dis hulle wat goeie kilos uit die kleiner diesels gaan haal...mits dieselfde reel geld. Patrol 3.0Di is geen uitsondering nie.
Ratkaste!!!! Kom ons bly by Patrol vir die argument. Ek glo die eerste reel is persoonlike voorkeur vir elke eienaar. Ek verkies auto omdat auto so goed doen in 4x4 omstandighede. Ja, hy neem beter besluite as die mens tov ratte wisseling...gevolglik die goeie resultate. (Die militere pantserkarre het die meeste auto ratkaste in. Dink maar aan die Ratel) Dis hier waar party manne voel hulle wil juis hul eie vermoe toets. Ek persoonlik wil probleemvry by my afgelee vakansie bestemming uitkom. Ek is nie 'n hindernis mens nie. Verder is 'n koppelaar in die boendoes een ekstra ding wat kan breek...en boy, gebeur dit nie darem baie in die boendoes nie...veral omdat boetman die koppelaar verkeerd gebruik het? Patrol se ratkaste self is egter uiters sterk en betroubaar en breek nie sommer nie.
- Uitstekend opgesom ou maat!! Dit is vir my verblywend en n riem onder die hart om te sien hoe positief en goedgesind jy nog steeds teenoor die 3.0D motor is. Alles wat jy in jou opsomming se oor die 3.0D is baie waar - tog is daar so baie wat die enjin in totaliteit afkraak. En soos jy tereg se - meestal is gevalle van probleme wat 2de eienaars mee sit wat deur 1ste eienaar gebak is.
Ek het ook al my "fair share" van probleme (soos jy self weet) met my diesel gehad - maar meeste (in fact alles daarvan) is deur myself veroorsaak / te weeg gebring - ek het mos begin krap waar dit nie jeuk nie!!! Pleks ek sommige aspekte net gelos het soos wat dit was - maar somtyds moet mens maar skoolgeld ook betaal. Nee wat - ek is nog baie in my skik met my 3.0D en hoewel ek my voertuig ook 2de hands met 112 000 km gekoop het het hy wel oor n volledige diens geskiedenis beskik. En dit was n Dr se voertuig - ek dink nie hy 4x4 soos ek nie!!
Nee wat ek sal by my ou "diesel donkie" bly - ek het geen rede om hom af te kraak nie.
My huidige 4x4 is n mazda 2.5tdi d/c met mar net 115 000km, enigste verskil met hom dat ek alles op hom gesit het om n "breakdown" te verhoet. Onder anderre lug druk(boost), water druk, olie druk, gearbox temp en turbo temp monitors. Dit is merkwaardig om te sien hoe al die "drukke" verander sodra ek hom aansluit tot wanneer hy warm is en wanneer jy dit vergelyk met wat die vervaardiger se jy moet is dit nogal kommerwekkind. In die mazda se hanboek se dat jy die bakkie moet start en sodra die revs gesak het kan jy aanry teen n rustige snelheid vir 5 km daarna kan jy normaal ry.
Geen wonder daar was soo baie ratkaste, turbo's en enjins van die eerste klomp klein turbo diesels wat gees gegee het want wat die monitors vir my gewys het was dat op n koue dag die enjin en ratkas tot 30km vat voordat hulle op temperatuur kom.
Maar kyk in my mening het n diesel karakter en karakter kry jy net deur "trail and error", en wat is n 4x4 sonder karakter!
Ek het nog n 3.0 in boksburg gaan ry maar die wit rook wolk van diesel volg my om die stop strate soo hy kan ma by daai handelaar bly.