Heimrich Swart (Swartjan)

Please tell us about yourself :-)
Swartjan
Junior Member
Junior Member
Posts: 14
Joined: 16 Dec 2009 10:31
Full Name: Heimrich Swart
Nickname: Swartjan
Home Town: Evander
Current 4x4: Mazda Drifter 2.5TD D/C 4x4 an hopefully a Patrol 3.0 td
Home Language: Afr

Heimrich Swart (Swartjan)

Post by Swartjan »

Goeie dag, as hierdie 2 weke terug was sou ek net vir julle Nissan manne gelag het mar nadat n Patrol my mond vir my toegeklap het vind ek my op die verkoopstoel van n Nissan handelaar :doh: . Wat ek wil uitvind is die betroubaarheid van 3.0Tdi motor, my eerste keuse bly altyd n diesel en al wil ek graag die 4.8 kry sal ek nooit sy dors kan les met petrol nie :mytwocents: . Ook hoeveel krag sal die dryflyn kan hanteer bo standaard aangesien ek hom wil opgradeer, 118kw na 138kw en 380Nm tot 455Nm?
User avatar
Tjaart
Senior Member
Senior Member
Posts: 329
Joined: 29 May 2009 16:08
Full Name: Tjaart Janse van Rensburg
Nickname: TJ
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Patrol 4500 GRX
2000
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 2 times

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Tjaart »

Welkom Swartjan

Hier gaan jy gou regkom. HIer is baie Diesel manne hier wat jou al die raad en advies kan gee. MAAR, koop jy nuut of tweedehands? Indien nuut, geen probleme nie. 2de-hands moet mens wegbly van 2000 tot 2002 modelle af, aangesien hulle "hand grenades" genoem word, veral op die Aussie site.. Lees maar daar ook.http://www.patrol4x4.com/forum/forumdisplay.php?f=17.

As jy dan die nuwe een wil opgradeer, sal jy natuurlik jou EGT MOET insit, dis nie onderhandelbaar nie. Jy moet egter eers die posts hier op die website mooi lees en deurgaan, want daar is baie info hier vir al jou vrae. As jy jou Patrol het of kry, gooi dadelik :gotpics:

Groete

Tjaart
THE BRAVE
says
Aut PATROL aut nihil

Aut vincere aut mori
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by KOOS BEST »

Ek kan net beaam wat Tjaart se, bly weg van pre 2003 modelle.En lees daai goed wat hy aanhaal.
Die enjin se lewe kan baie verleng word deur elke 5000km olie om te ruil, EGT is n MOET , maar doen jou huiswerk goed wie hom bietjie meer skop gaan gee, party ouens overfuel dit net, en dan " BANG "
Daar is kennners op die forum ivm met chips ens.

Ek ry selfs n 2003 model, standaard en vind die krag oor as genoeg vir my, ek toer gereeld en sleep, doen trails maar doen geen 4x4 events ens nie.
groetnis
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Stefan
Moderator
Posts: 1692
Joined: 28 Apr 2009 08:43
Full Name: Stefan de Villiers
Nickname: Stefan
Home Town: Bothasig, Cape Town
Current 4x4: 2002 3.0 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Has thanked: 175 times
Been thanked: 50 times
Contact:

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Stefan »

Ditto.

Vertel bietjie meer van oor die insident met die ongeskikte Patrol?
Swartjan
Junior Member
Junior Member
Posts: 14
Joined: 16 Dec 2009 10:31
Full Name: Heimrich Swart
Nickname: Swartjan
Home Town: Evander
Current 4x4: Mazda Drifter 2.5TD D/C 4x4 an hopefully a Patrol 3.0 td
Home Language: Afr

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Swartjan »

Dankie vir die raad, dis n 2004 met 180000km op, 2de'hands. Verskoon as die stupid klink mar wat is EGT? Ek gaan toetsbestuur hom nou saterdag soo ek hoop als is reg!!!
Met verband tot die patrol geval, modder op die plaas! Ek en my beterhelfte het om die plaas dam gaan ry toe die plaas hulp met die toyota vasgeval het, natuurlik gaan ek mos en se ;"kyk hoe ry n ordentilike 4x4 deur die modderplassie". EK VAL TOE OOK VAS 5 meter agter die toyota! Die buurman kom toe al te nederig met sy PATROL en ry verby my EN die toyota EN sleep ons altwee GELYK UIT(dit was die klap) :rolling:.
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by KOOS BEST »

Hi ,
EGT staan virExhaust Gas Temperature dit si seker die grootste doodsteek van enige diesel enjin, jy ken mos van Isuzu 2.8 EN Colt 2.8 ens ens .
Wat die meter doen dit geen jou die lesing voor of na die Turbo , as jy daar volgens ry tussen die perke sal jou enjin se lewe verleng word.
Lees daar is baie daaroor geskryf.
Wat het die vorige eienaar met die Patrol gedoen, maw was dit n werksesel of net n ryding op n teerpad.
Groetnis
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Tjaart
Senior Member
Senior Member
Posts: 329
Joined: 29 May 2009 16:08
Full Name: Tjaart Janse van Rensburg
Nickname: TJ
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Patrol 4500 GRX
2000
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 2 times

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Tjaart »

SO Swartjan?

Het jy toe die Patrol gaan ry? Hoe voel en lyk hy?

Laat weet ons maar. Kyk na die onderstel, aste, drive shafts, mud flaps en wheel arches binne. Dit behoort jou 'n goeie idee te gee van hoe baie off road werk die kar al gedoen het. kyk vir skrape en duike en sand blast en skeur plekkies op die mud flaps... :mytwocents:

Ons wag in Spanning!!!
THE BRAVE
says
Aut PATROL aut nihil

Aut vincere aut mori
Swartjan
Junior Member
Junior Member
Posts: 14
Joined: 16 Dec 2009 10:31
Full Name: Heimrich Swart
Nickname: Swartjan
Home Town: Evander
Current 4x4: Mazda Drifter 2.5TD D/C 4x4 an hopefully a Patrol 3.0 td
Home Language: Afr

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Swartjan »

Ek kannie vir jou se hoe opgewonde ek was gisteraand nie ek het skoon vroeg gaan slaap want dis JHB toe van die laeveld af :pray:. En toe breek een van die wentelasie skagte se 1100kw elektriese motors hier op die sasol myne vanoggend 01H00(K#$%^!$@#%^%?K!!!!!!) waarvoor ek uitgeroep was. Het 18H20 by die huis gestop, ek onthou nou weer hoekom kinders tantrums gooi, ek wil graag kwaad word ma werk is werk. Die verkoops man het gese dit lyk of die onderstel oor gespray is so ek neem aan die eienaar het getoer. Wat is die 3.0 se EGT limiet, op my drifter is dit 700 grade. Hy het altyd teen 690 grade gehardloop en nadat die groter intercooler en downpipe ingesit was het dit geval na 520. Hoe laai mens die foto as jou signature, ek is nog so bietjie stadig met die internet ding WWW.
User avatar
Tjaart
Senior Member
Senior Member
Posts: 329
Joined: 29 May 2009 16:08
Full Name: Tjaart Janse van Rensburg
Nickname: TJ
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Patrol 4500 GRX
2000
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria
Been thanked: 2 times

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by Tjaart »

Ag dis jammer!!!

Gelukkig kan jy dit gaan regmaak!! Ek weet nie so mooi van oorgesprayde onderstel nie. Ek dink hulle lyk so. myne lyk so, maar het baie skrape en so... :redface: . Kyk maar self. Jy sal dadelik sien. Jy moet jou "profile" update onder die "User Control Panel". daar is allerhande goed wat jy moet invul en voltooi. Dan kan jy jou fototjie aanheg. As jy fotos wil post. moet jy op 'n post af-scroll, en dan sal jy die "Upload Attachment" knoppie sien. jou fotos moet egter 'n sekere hoeveelheid kb is. kyk of jy regkom. Laat weet as jy sukkel.

Soos ek verstaan is die EGT se temp +-700'C. Ek weet nie mooi nie. Ek ry 'n Petrol monster.

So, wanneer gaan jy kyk na die ding?
THE BRAVE
says
Aut PATROL aut nihil

Aut vincere aut mori
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: Patrol 3.0Tdi

Post by JG Shields »

Haalo Swartjan...en welkom op die forum.

Ek het pas my bestaande 3.0Di omgebou na 'n 4.8 petrol toe. Dis 'n lang storie wat jy kan lles onder 'n post genaamd "Project Lasarus". My verhaal saam met my 3.0Di Patrol is egter 'n bitter aangename een met uitstekende herinneringe. Ek gaan wyd en suid in Afrika op trips en is altyd swaar gelaai. My Patrol het nog altyd baie...baie hard gewerk en dikwels op sy "limits" funksioneer. Waarom het ek dan my enjin verander? Ek het 275000 uitstekende kilos uit my 3.0Di gekry. Gedurende daardie kilos het ek egter geleer dat die 3.0Di enjin soos 'n goeie vrou is. SY SOEK TLC EN JY MOET HAAR NA HAAR PERSOONLIKHEID HANTEER. AS JY DIT IGNOREER GAAN JY 'N KOUE BOUD EN 'N WARM TONG KRY. Ek het stelselmatig my kontrole- en beheer maatreels begin toepas om te poog dat ek die maksimum kilos uit die enjin kan kry. Ek dink egter dit was in sekere opsigte bietjie laat en op 275k toe ontplof die granaat. Die koste om die ZD30 enjin te herstel/vervang was net nie die moeite werd nie. Ek was ook baie gelukkig om die 4.8 enjin op daardie stadium in die hande te kry.

Wat maak die 3.0Di Patrol so 'n lekker voertuig? Die balans tussen kraglewering, brandstofverbruik en rygerief is uitstekend. Die 4.8 (en sommer ook al die Cruisers vir die doel van hierdie argument) is baie kragtiger maar die balans is nie so goed nie. In teendeel, ek weet nie van enige ander "authentic 4x4" voertuig met 'n beter balans tussen daardie 3 faktore nie. In ruil vir hierdie balans gaan jy egter 'n prys moet betaal nl - KEN EN RESPEKTEER JOU VOERTUIG!!!

Wat probeer ek vertel? Ek is oortuig dat die 3.0Di enjin self 500000km of meer probleemvry kan doen. Dit gaan ongelukkig nie met 'n "inklim en ry" benadering gebeur nie. Bestudeer die tegniese vraagstukke van die enjin en maak 100% seker jy verstaan wat die enjin se werkverrigting in balans hou. Kom daardie onderhouds- en bestuursreels (EGT, oorspronklike lugfilter, skoon sensors ens.) nougeset na en jy gaan jare se genot uit die 3.0Di enjin kry. Begin deur die "reference doc" in die biblioteek op hierdie forum te lees. Daarna moet jy met die ander 3.0Di manne op hierdie forum gesels en met hulle vriende word. Dis in jou belang....maar dis sommer lekker ook.

Laastens...weet jy wat daardie enjin se geskiedenis is? Maak seker. As die vorige eienaar 'n "inklim en ry" eienaar was, en die enjin is nog oorspronklik, wees versigtig. Was die enjin dalk al oopgemaak, en deur wie? Nissan se stelsel sal daardie rekords he as hulle sulke werk gedoen het.
Patrol fan!
Post Reply

Return to “28. Introduce Yourself”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests