Het jare terug 'n Opel gery met dieselfde pyne. Het meer as 'n jaar gevat om die probleem te vind! Toe vervang ek die petrolpomp se relay en alles is weer klopdisselboom
Daai arme kontakte werk amper soos 'n vonkprop - elke keer as hulle oop & toemaak spring daar 'n klein spark tussen hulle wat op die lang duur 'n lekker ou aanpaksel maak. Dan sukkel die kontakte om genoeg stroom deur te laat om die petrolpomp behoorlik te laat werk, en die enjin begin petrol armoede kry. Om een of ander rede was dit wanneer ek iewers parkeer het en binne 'n kwartier of wat weer wou ry...
PS: Check ook sommer of die elektriese kontakte op die pomp lekker styf sit.