Tjaart, jy sal nie glo hoe groot my (en Lasarus) se identiteitskrisis) nou is nie. Dit was 'n makliker besluit om die 4.8 enjin oor te plant as wat dit is om die 3.0D teken agter af te haal. Ek het so lank en so lekker met die diesel gery en het soveel daarmee ervaar. Dis half ondenkbaar om nou met die gedagte vrede te maak dat ek steeds in dieselfde voertuig gaan ry maar eintlik ook nie. Om alles te vererger is ek mos eintlik maar 'n beskeie outjie. Dalk hou ek tog maar die diesel teken agter.
Pieter, ek is mos 'n "sucker" vir impulsiewe besluite. Ek het al dikwels in die verlede dinge aangepak wat ek nooit weer sal doen nie. Ja, die Lasarus besluit was ook een van daai besluite. Tog glo ek dat geld en geloof (ja, dit kan saamloop) deel was van die besluit en dat dit goed gaan uitwerk. 'n Volgende projek spook klaar by my. Onthou, Ek het nou 'n diesel auto ratkas met dryfaste. Danny het nog die 4.8 chassis en diffs. Nou kom die Lexus V8 weer in my kop op saam met een of ander interressante bakwerk.
As Lasarus 'n sukses is, gaan ek moeilik my rug draai op daai ander 4.8 wrak wat ook hier in Pta staan. Iemand op hierdie forum gaan hom nodig kry!!!
Komaan JG tackle hierdie projek, jy se mos die agterkant is in sy mo@r, hulle het juis die agterkant afgesny ,sit daai Lexus hierin en siedaar jy ry die beste vakansie voertuig in die land.
Sal dit darem nie n lekker projek wees nie, ver bo my vuur maak plek, maar dammit sal laaik om so iets te he.
Groetnis
Kleingelowigheid sal nooit weer 'n plek in my woordeskat of in my borskas he nie. LASARUS LOOP! Ja, Lasarus het nie eers gehoes of geproes nie. Hy gesels asof hy nooit dood was nie...weliswaar met 'n splinternuwe stem! Attie rapporteer dat slegs 2 liggies op die paneelbord aan was nadat die sleutel die eerste keer gedraai is nl (1) 'n deur liggie...want 'n deur was oop...en (2) die sub-tank se liggie...want daar was geen brandstof in die sub-tank nie.
Wat volgende?: Lasarus gaan vinnig 'n draai by Nissan in Bloem maak vir 'n neurologiese toets met CONSULT en om seker te maak die nuwe ratkasolie is op die regte vlak. Die oorgeverfde BURNCO voor buffer word teruggesit, die bak word gepolleer en die binnekant kry 'n valet. Iewers tussenin sal Attie sy verpligte 300km ry om seker te maak al die spiere en ligamente is mooi los. Die artikel en fotos sal volg.
Tjaart, bel vir oom Mac. Hy het 'n deposito op die wrak betaal wat by TOYSAN in Pta Wes staan. Hy gaan hom egter nie meer neem nie (aldus sy woorde telefonies aan my gister) en sal sekerlik met jou wil gesels. Ek soek ook iets as jy regkom...die venster skakelaars in die bestuurder deur.