Hartlike Outreach2Africa Groete.
Die jaar het gesnel en gesnol en laat wiel soos geen ander jaar tevore nie .. voel my laasjaar diè tyd was dit nog maar Mei [dis elkgeval nog ewe koud :-) ]
Maar die Uitreike lê nog voor. En dis nie asof ek dit net so kan eenkant skuif met 'n "nie tyd nie" of "nie geld nie" houding.
Daar IS tyd, deur SY genade. Ek WIL ook nog want ek KAN nog. En daar is mense wat honger na Die Boodskap veral die Boodskap oor Jesus. Soos ons nou weer die afgelope Uitreik ervaar het. Dat Groepe stry oor by wie daar uitgereik moet word. Ons het die ander groep .. Die !Xun~g Boesmans van Tshodilo, belowe, Ons bring hulle die Jesus Film, in !Xun~g met die Desember Bybel-4-Kersfees Uitreik.
Oor die geld/finansies is ek van Genade afhanklik en dit is deur mense, soos jy, wat aan die hart geraak word om n bydrae te maak, sodat ek kan gaan. En ook dat andere kan saamgaan [dis nie slim om daai paaie alleen aan te pak nie]
Daarom, onomwonde, is hierdie (i) 'n Uitnodiging vir jou om saam te kom op die Uitreik/e (ii) 'n beroep op bydreas / borge / steun van julle en jul vriendekring, om n las te maak.
Ons teiken vir die BYBELS 4 KERSFEES is 1000 Bybels en ten minste 100 Audio Bybels in Mbukushu; !Xwe; Losi; Herero: Tswana; !Xun~g en les bes, Engels
Een Tswana Bybel beloop R65.oo "n Audio Bybeltjie is R350.
.... en dan is daar die ongeveer 4000 Km brandstof.
As jy nie self kan / wil saamgaan nie, of nie nou 'n bydrae kan maak, nie [ons weet en voel self die die tye is nie maklik nie] stuur hierdie aan u vriende en kennisse,
Elke bietjie help.
Met die Richtersveldt Uitreik het ons ook kinders van Abaram Kriel SatelietKinderhuise wat graag wil saamgaan. Uit die aard van die saak het hulle nie die fondse benodig vir so 'n uitreik nie.
Die 2 kleiner uitreike is die "X-Mas Tree for Orphans [waar ons n Kersboom reel vir 120 VIGS Wesies daar noord van Ellisras .. en dan ook nog die "4x4 4 Kidz" .. waar ons hier plaaslik die TIQWA Skool se kids [almal gestremd, fisies en verstandelik] op n 4x4 rit met n lekker piekniek bederf.
Baie baie dankie vir jou tyd en geduld om ten minste tot hier te lees. Bid asseblief vir ons, vir die Uitreike, en dat die regering in hierdie land sal reg kom.
Baie Dankie
Seenbede oor jou en joune.
Mac
Outreach2Africa
082 699 3055.
Ons Bankinligting:
OutreachAfrica Banking Details [ OutreachAfrica is a Non-Profit Organisation (NPO) registered to support Outreach work and we operate as Outreach2Africa as our brand name.]
Account name: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Branch: Castle Walk
Type: Savings
Branch Code: 01464500
Account number: 415214742
Nog 4 Uitreike vir 2015
- Kagiso II
- Patrolman 1000+
- Posts: 3461
- Joined: 10 Jun 2009 16:58
- Full Name: Mac Mc Menamin
- Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
- Home Town: BrentwoodPark, Benoni
- Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe] - Home Language: AFRIKAANS
- Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
- Has thanked: 299 times
- Been thanked: 160 times
- Contact:
Nog 4 Uitreike vir 2015
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 2 guests