N quote onder een van laasjaar se fotos deur een van community se manne : "This obstacle shows the difference between the Patrols and mere delivery vans".
Onthou , die rivier verander elke jaar en ons kan nie verseker weet hoe moeilik of maklik die roete gaan wees nie. Dis wat dit so lekker maak. Daardie foto wat ek hierbo noem was egter een van die plekke wat geen ander opsie gehad het nie en dit het die ander karre baie lank gevat om daar oor te kom. Ek en my friend het op daardie stadium vooruit gery en die roete "gerecce" en het daar amper n uur lank klippe gepak om deur n 30 meter klip rif te ry.
Die 3 Patrols het laasjaar ongedeerd deur al die hindernisse gery en toe die res van die tyd ander karre herwin. My recovery strap het permanent op my spaarwiel gesit , reg om vining iemand te help. My wenas het ook nie kans gehad om koud te word nie. En daar het baie Tupperware van die Landrovers en Mitsubishis af geval.

Met net Patrols daar vermoed ek dit sal dalk anders wees die jaar.