As die lug gaping tussen die nokas en tuimelaar te groot is gaan en die enjin toere is bietjie hoog ,dan klim die vuller wat bo op die klep sit af en dit veroorsaak dan dat die tuimelaar ook afklim.... hoop dit maak sin
Die nokas is die enigste ding wat die hele affere skeef kan druk? Tensy die sokke waarin die koppies beweeg uitegwear is? Maar as daar baie speling was, dan is Wilkie se roep beter.
Ek sou verseker al 12 vervang, sowel as die nokas (vervang of laat oor-slyp) en ook die head se toleransies baie mooi nagaan.
Dankie vir al die raad sover ek waardeer. Ek sal my head oor doen en dan weet als is reg op hom. Ek geniet my bakkie en wil hom graag betroubaar maak. Ek sal graag wil weet hoe kan ek fotos laai op die blad sodat jul my bakkie kan sien. En sal enige raad verwelkom rondom kragstuur op my voertuig. Ek plaas n link wat nogal interesante raad gee oor die L28 enjin. Nogmals dankie sover.... http://datsunzgarage.com/engine/ P.S Waar kan ek n manual kry vir my enjin?
Johan
Die toleransies op Kobus se info is die wat ek ook gebruik.
Piet,
Daai "cam follower" armpies en die stukkie yster wat op die klep rus raak met ouderdom en foutiewe toleransie beskadig en klim af.
Sal nie n slegte idee wees om maar die nokas ook sorgvuldig te bekyk nie. Die punt van die klep moet ook presies haaks wees , anders is dit die fout.
Ek het nou die dag diselfde probleem gekry . my enjin is nuut oorgedoen en eweskierlik het die kleppe vreeslik begin raas by verdere ondersoek het ek gesien dat drie van die stukkies yster wat op die klep rus uitgeklim het rede abloluut onbekend die head was oorgedoen ,die kleppe is reg die valve guides is reg ek het baie seker gemaak dat die klep speling reg is .25 van 'n millimetre(die specs kom van Riechie Jude af wat die cam gedoen het) wat snaaks is is dat ek nooit die kleppe stil kon kry nie ek het gedink die klep springs het pap geword maar blykbaar nie. hulle kan jy slegs by die stealer kry. ek dink nou daaraan om 'n ander head te kry . myne het tans die fuel injected head op blykbaar al verskil is 'n klein kepie wat in die inlaat poort gemasjineer is om die injector te vat.
Shaun van der Linde (van der Linde Conversions) het aan my meegedeel dat jy ongelode branstof op die L28 kan gebruik, blykbaar alle aluminium heads kan ongelode brandstof gebruik.
Sal maar sien dalk is 'n vuurhoutjie die beste uitweg
Ek wil die lifter more sommer self terug sit. Gan dit n moeilike taak wees of dink jul ek sal dit sel kan doen? Indien ek dit self kan doen hoe doen ek dit? Ek is darm handig met so iets en glo dat ek self sal regkom. Want om dit te laat doen gan weer geld kos,en dan sal ek hom met LRP brandstof ry en kyk wat hy maak. As hy weer afklim dan sal ek die volgende nodige stappe neem.
nog n moontlikheid van die "rockers "wat so afklim kan wees van n "sticky valve".veral aan die exhaust valves,hulle word so bietjie warmer as die inlet valves en die agterste cylinders word ook nog warmer...
dit kan ook die oorsaak wees van unleaded petrol,,,minder lubrication